17 thoughts on “Oopmond

  1. Jy leef ook in ‘n cockup van ‘n multi-kulturele samelewing, dis hoekom jy eintlik die tipe ding ken…verwag en sekerlik haat.

  2. Onluste kom op alle vlakke van die samelewing voor. Die ekonomie begin oral byt, Suid Afrika gaan nog sy kwota kry.

  3. Verskeie redes word geopper, maar ek dink daar is ‘n onderliggende wetteloosheid in mense, ‘n gebrek aan respek vir ander mense en hulle eiendom. Dit lyk of meeste van hulle kinders of jongmense is wat niks het om te doen in die skoolvakansie nie of sonder werk sit.

  4. Ek dink daar is ‘n subkultuur van wetteloosheid, ‘n lewenswyse vir baie, wat normaalweg uiting vind in individuele kriminele aktiwiteit, maar weens “gunstige” omstandighede (somervakansie, warm weer,ledigheid, sosiale media, patetiese polisiereaksie) het die tropmentaliteit oorgeneem. Mense doen dit vir die pret, want hulle reken die kanse dat daar vir hulle negatiewe konsekwensies gaan wees is skraal. Ek dink die potensiaal bestaan in ander lande ook, maar ek is nie verbaas dat dit hier uitbreek nie, want die Britse samelewing is gekenmerk deur toleransie, en “menseregte” word myns insiens beklemtoon bo persoonlike verantwoordelikheid.

  5. ‘n Cockup is dit gewis, maar ek is nie seker of daar ‘n kulturele- of raselement is in hierdie gedrag nie. Immigrasie in Engeland, maar ook in die hele Europa, is ‘n kopseer en word deur baie mense as ‘n ekskuus gesien om aan hulle haat uiting te gee. “Blame the foreigners”.

  6. Ek het vroeg vanmôre hier gelees, toe weet ek nie waaroor dit gaan nie….eers met die 6u nuus gehoor. Dis darem verskriklik om ander mense se eiendom so te verwoes!

  7. Waarcoor staan ‘yobs’? Wat die ‘riots’ betref, Gidi, dink jy dis ‘n nuwe geslag of ‘n kultuurgroep wat dit ding aan die gang sit? Ons is so gewoond daaraan hier by ons, dis baie sleg om dit nou daar oor te sien gebeur.

  8. yobnoun British Slang .a teenage lout or hooligan.Origin: 1855–60; a consciously reversed form of boy

  9. Ek dink nie dis ‘n nuwe verskynsel nie. Ons het dit al baie in die verlede gesien byvoorbeeld in “football hooligans”.Die Britse pers het baie gedebatteer oor die oorsaak, en hulle het selfs ‘n spesiale parlementsitting byeen geroep om die probleem te bespreek. Party mense blameer die liberale filosofie wat in skole toegepas is vir dekades lank. Wat duidelik is, is dat hierdie mense geen respek het vir ander mense en hulle besittings nie. Die algemene opinie is dat sosiale media bv twitter, en selfone die organisasie van die vandalisme makliker gemaak het.Dus ‘n kort antwoord: Dit was ‘n verskynsel wat ‘n plek en ‘n tyd gesoek het om te gebeur.

  10. Ja gie-gie, ek kom bietjie SA toe om weg te kom van die geweld…Op ‘n ernstige noot: Hier het die polisie die klomp gaan arresteer en tronk toe gestuur. Ek wonder hoeveel die polisie in SA nog doen vir hierdie soort gedrag?

  11. Dit steek ‘n mens so dwars in die krop. Ons ouers het ons geleer dat respek vir ‘n ander en sy eiendom ‘n basiese norm van beskawing is.

  12. Hmm. Dankie. Goeie, insiggewende antwoord. Dit maak mens bietjie bang om die jeug so buite beheer te sien, ne. Veral waar jy dit nie verwag nie.

  13. dit is/was omtrent ‘n lelike spulletjie daar by julle.. my een kollega het natuurlik nou uiteindelik skietgoed gehad om ‘n verskaffer mee te peper toe hy vra of hy sy eie persoonlike lyfwag moet saambring wanneer hy oppad Duitsland toe een nag oornag in London 😀

Leave a reply to gidivet Cancel reply