Hier word ingepak

Paspoorte 

Kamera

Wintersklere – o ja, ek hoor dit het weer gesneeu op plekke. Sal maar ekstra wintersklere gaan uitgrawe. 

Hier en daar ‘n ietsie vir die familie; wat gee jy vir iemand in die land van melk en heuning? Ek kan nie ‘n by of ‘n koei in my soetkysie inpas nie.

Vandag amptelik klaar gewerk, so nou is ek met vakansie. Natuurlik nie regtig nie, daar is nog administrasie, frustrasie en lokum-akkomodasie om uit te sorteer, o ja, pak die purgasie, vir die wis en onwis.

Gisteraand “Lethal Weapon 2” gekyk. Die skurke in hierdie aflewering was Suid-Afrikaners uit die apartheidsdae wat agter diplomatiese immuniteit wegkruip en allerhande kriminele dinge doen. Die snaaksste van die storie is akteurs wat probeer om die Suid-Afrikaanse aksent na te maak. 

Suid-Afrikaanse kragproppe vir die menigte elektriese items wat deesdae saam reis. ‘n Hele kraaines vol kabeltjies.

Jip, hier pak ons. Sien julle oor ‘n paar dae!

Advertisements

14 thoughts on “Hier word ingepak

  1. Veilig reis.Vriend van my e-pos my verlede week uit Slough na aanleiding van die plundery:”Hele land is in sy moer in.”Snaaks.

  2. Geniet die opwinding van die pakkery!Dis 30 grade by ons vandag – pak maar so dat julle kan uittrek.Die purgasie is ook belangrik ; )

  3. Ek sal “drafstappies” koop by die eerste padstal. Dis nou wat my pa droë vrugte, veral -perskes en -pere, genoem het.

  4. Ai, nou raak jy ‘n diep saak aan, die storie oor lig reis. Ek dink ek het my knou weg al die jare terug toe ek op Malmesbury op skool was, toe my ouma aangedring het om ‘n hele kas druiwe op die bus saam te stuur Windhoek/Oshakati toe. Twee dae later op Oshakati was my ouers natuurlik baie in hulle noppies met die druiwe. Eish. Die skuldgevoel!

  5. Ons hou die pad al dop, Gidi! Die grootste geskenk wat jy vir ons ouens op die blogs kan gee, is ‘n kuier. Ek weet daar is ander wat net so uitsien na die ontmoeting soos ek. Die weer is ‘n bietjie onvoorspelbaar op die oomblik, maar hier by ons is dit maar lekker koud meeste van die tyd. Laer af kan dit dalk lekker warm wees. Selfs so naby soos Graaff-Reinet is dit ses grade warmer as by ons.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s