Die GROOT menere

Vir Therina

Advertisements

Ons hou uit

Jammer oor ek so skaars is. Baie besig met twee studente wie se portefeuljes klaar gemaak, gemerk en ingehandig moet word teen Dinsdag. Die volgende paar dae is een lang tutorial tussen die ander werk deur.

Ek mis julle almal, binnekort vat ek ‘n paar dae af by die werk en kom weer by. Ek het dit darem reggeky om by ezile se (virtuele) partytjie in te loer en die laaste koekkrummels uit die bord te red, en op die koop toe ‘n knertsie lukwartmampoer gesk├┤r.

Intussen word vrede en vreugde julle toegewens.