Die Vet Weet

Dankie Kammakazi vir die Nominazi!  :¬)

Nou ja, waar krap ‘n mens 7 feite oor jouself uit?

1. Word sterk deur olfaktoriese en ouditoriese stimuli beïnvloed.

2. Het 5 jaar in Rhodesia, 21 jaar in Suid-Afrika en Suidwes-Afrika gewoon, en is nou omtrent 21 jaar in Engeland.

3. Ek hou van orde, ritme, simmetrie en palindrome.

4. Is oor ‘n paar dae reeds 25 jaar getroud met dieselfde mevrou Gidi.

5. Gidivet was 30 jaar terug in Matriek, en was bekend as Gatiep.

6. Het 10 jaar terug kortstondig ‘n sixpack gehad, en het ‘n foto om dit te bewys. En nee, dit was nie die soort wat ‘n mens in die yskas bêre nie. 

7. Is baie lief vir vegetariese geregte, met ‘n lekker stukkie vleis daarby.

Ek is bietjie uit voeling met die blogs, so ek weet nie of hierdie volgende mense al reeds genomineer is nie:

Ek nomineer:

1. Joanna

2. Darlingdee

3. Ezile

4. Tina

5. Foxy