Sensus

“Mission creep” noem hulle dit in internasionale oorlogsterme. Die Amerikaners en NATO doen alles in hulle vermoe om nie die terme van die UN mandaat te oorskry in Libie nie. Terloops, Google Translate dink die Afrikaans daarvoor is “missie kruip”. Nou as missie kruip kom sy hopelik erens uit.

Hier te lande vul ek vanaand die Britse Sensus in vir 2011. Aanlyn is dit maklik. 

Ja ons het in 1991 hier aangeland met die doel om twee jaar te bly. Ek dink dit kwalifiseer vir mission creep. 

Interessant, op die Britse sensus is hulle steeds baie geinteresseerd in ‘n mens se etniese agtergrond.

Die taal kom ook by. Ek en mev Gidi gebruik nog steeds Afrikaans as hoof taal. Al is dit nou bietjie verroes en agter die klip.

Ons seuns se hoof taal is onteenseglik Engels. Al praat ons met hulle Afrikaans. 

Seker ook nog ‘n vorm van missie kruip. 

Ja, ‘n feit soos ‘n koei. Lekker slaap almal.