Sensus

“Mission creep” noem hulle dit in internasionale oorlogsterme. Die Amerikaners en NATO doen alles in hulle vermoe om nie die terme van die UN mandaat te oorskry in Libie nie. Terloops, Google Translate dink die Afrikaans daarvoor is “missie kruip”. Nou as missie kruip kom sy hopelik erens uit.

Hier te lande vul ek vanaand die Britse Sensus in vir 2011. Aanlyn is dit maklik. 

Ja ons het in 1991 hier aangeland met die doel om twee jaar te bly. Ek dink dit kwalifiseer vir mission creep. 

Interessant, op die Britse sensus is hulle steeds baie geinteresseerd in ‘n mens se etniese agtergrond.

Die taal kom ook by. Ek en mev Gidi gebruik nog steeds Afrikaans as hoof taal. Al is dit nou bietjie verroes en agter die klip.

Ons seuns se hoof taal is onteenseglik Engels. Al praat ons met hulle Afrikaans. 

Seker ook nog ‘n vorm van missie kruip. 

Ja, ‘n feit soos ‘n koei. Lekker slaap almal. 

Advertisements

19 thoughts on “Sensus

  1. ‘n Hele twintig jaar al! Wow. Mens kan dink dat die seuns Engels praat as hooftaal, hulle ken immers net Brittanje as tuiste, ne. Goed dat julle met hulle Afrikaans praat. Mens wil nie graag he hulle moet dit verloor nie. Hoewel hulle seker nooit in SA sal wil kom bly nie, wens mens tog dat hulle iets van hulle erfenis sal behou. Ons sien uit na julle kuiertjie later die jaar.

  2. Dag Kamma- is dit jou vertaling vir “The road to hell is paved with good intentions” of “Voorsienigheid”?

  3. Die seuns is nogal entoesiasties om in Suid-Afrika te gaan bly, maar hulle ken natuurlik net die lekkerte van vakansie hou daar. Die kuiers by familie so nou en dan help met die taal. Hier te lande leer hulle bietjie Frans, en deesdae Spaans. Hulle sal darem nie op hulle bek geval wees as dit kom by kommunikeer nie. Wat kuier betref – nog alles in die weegskaal. Dalk net ek alleen, dalk almal van ons – hang af hoe die besigheid(hede)doen in die volgende paar maande.

  4. missie kruip bekruip menige mense so. Onse kind is 2007 vir 2 jaar Engeland toe, en ek kan sien dat hy julle paadjie gaan volg. 😦

  5. Ek verwonder my ook telkens aan die ras vraag wat nog steeds op omtrent elke vorm wat ingevul moet word, verskyn.. lyk nie vir my ons gaan ooit aanbeweeg verby daardie een nie!x

  6. Een persoon se objektiewe feite is ‘n ander se rassisme. Ek vermoed ‘n mens se agtergrond, ervaring en selfbeeld bepaal hoe jy reageer op so ‘n vraag in ‘n sensus of in enige ander konteks.

  7. Hi daar, weet jy, ek’t nog nooit ‘n probleem gehad om daardie vraag te antwoord nie want feite is feite, maar ‘n mens raak nogal later sensitief daaroor as goed wat as data ingesamel word later so verdraai word en daarop aannames en uitsprake gemaak word wat so ver van die waarheid verwyder is as die son van die aarde, maar dan kan die gewone man op straat nie sy stem laat hoor om daarop te reageer nie.. ek dink dit is wat my die meeste af-tiek..x

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s