Stalemate

A couple of feathers on the patio, greasy smudges on the window pane, several more feathers and a streak of blood on the kitchen sink tell the story.

 

Down in the blue corner the aggressor, haunches pressed down on the tiles, angry tail tip flicking rhythmically, low continuous moan emitting between snarling lips.

 

Over in the red corner a mightily miffed larger than average rock pigeon, left wing drooping slightly, eyes ablaze, neck feathers puffed up. With head bobbing, he pushes out a defiant “oooorrrrrhhhhh”.

 

-oo00oo-

 

It seems Orion the hunter (Tiddles* to you and me) initially got the upper hand, surprising Mr Coo* near the back door where he snacked on some breadcrumbs. His momentum carried him halfway up the steps and with a mighty leap he landed on the windowsill. The stunned old codger started regaining his senses as he was dragged headlong through the open kitchen window and on the draining board he frantically flapped his wings, boxing the feline around the ears. The startled tabby momentarily lost his grip and as they tumbled down to the floor in an untidy heap they took up battle stations. The wily old bird was used to ruling the roost, and he knew a whippersnapper when he saw one. He pulled himself up to his full height and strutted around (albeit at a safe distance) while he turned a suspicious eye this side then the other side towards the cat. 

 

The young pretender gathered himself together, his neck low slung between shoulders, thigh muscles recoiling for the pounce. The pigeon fluttered clumsily up onto the chair back, that wing clearly not functioning properly. Down below the cat hit the empty floor with a thud and skidded up against the kick board. Exasperated he flopped over on his side, stretched, and proceeded to lick his ruffled fur. The bird pecked at the glass. He could clearly see sky (and freedom), and was more than a little perplexed with his inability to get away. 

 

Tiddles sauntered over to his water bowl and lapped up the cool liquid. The old bird on the windowsill found a few more breadcrumbs. And that’s where I found the pair in an unhappy stalemate.

 

*Names have been changed to protect the innocent.

Advertisements

‘n Nuwe hoofstuk

My vennoot is terug in die Vrystaat. Iewers sis ‘n steak op ‘n rooster. Iewers knak ‘n bier. Dit word my vertel. Dalk is mieliestronke daarby betrokke. Hoe sal ek nou weet. Maar terug is hy, sak en pak, en hier in my voorkamer sit ‘n leersitkamerstel wat nie in die treklorrie kon inpas nie. Twee handige oondbakke om twee jaar se vennootskap te versinnebeeld.

Dit word lente hier, maar daar is min blomme. Alles het vanjaar swaargekry weens die strawwe winter, bolle het seker doodgevries. Die paadjie hoofkantoor toe gaan deur duimhoogte jong graan, wit en blou wolke jaag hulle skaduwees al oor die landerye en op die horison wei resiesperde. ‘n Lieflike oop semi-sonskyndag. Tussen al die kontrakte wat ons teken is daar ‘n uurtjie vry en stap ek die heuwels in. In die verte woer die windopwekkers.

Voor my strek die teerpad uit, een motorwydte, met gate in waar die ys hom geknou het.

Een oorblewende praktyk, een eienaar, enkelbaanpad.

Hmmm.

Radithuso

Sentrale, kan u my asseblief deurskakel na Radithuso nommer 2?

“Ruddi what?”

R-a-d-i-t-h-u-s-o! Yes, that’s right. Number 2 please.

Dumela Ra. Radithuso here!

How are you today Ra? Could you please put me through to the school house?

Meester Smeet?

Yes, that’s right…………..Naand Pa!

–ooOOoo–

Ja hierdie was my normale Sondagaand prosedure om my pa-hulle op Gelukspan te bel toe ek op die Tuks was. Handsentrales.

Ek so graag vanaand bietjie met my pa wou praat. Sou nie omgee as dit nog ‘n partylyn was nie.

Ek wonder of daardie poskantoortjie op Gelukspan nog bestaan?


Die eerste krokusse

As die eerste bolle begin opkom is dit lente. So werk dit in my kop, al is daar nog sneeu op die grond. In werklikheid het ons lankal nie meer sneeu nie en dagtemperature het gestyg tot 11 °C vandag. As jy gewoond was aan 4 grade is 11 sommer baie lekker, veral as die son so ‘n bietjie sy gesig kom wys. Vanoggend staan daar ‘n klein kolletjie krokusse in die tuin, en die affodille begin al so ‘n bietjie geel deurslaan. ‘n Mens kan sommer voel hoe die optimisme in jou opspring.

Mense, die winter is amper verby!

Daar’s hoop

My blog oor depressie was ‘n bittersoet ervaring. Die kommentaar spreek van ‘n baie universele stryd met hierdie gedierte. Ek is dankbaar vir my blog-familie wat hulle perspektief kom deel het. Klarisabet se reaksie het my veral geraak:  

“Ek het so swart hond. Hy dra permanent ‘n halsband, en ek het hom geleer ‘sit’…en hy lê maar altyd by my voete…”

Hierdie hond moet mak gemaak word. As jy hom dan nie van jou werf af kan verwilder nie moet hy te minste maniere geleer word.

Ek het my hierdie jaar voorgeneem om positief te bly, en ek weet dat ek die blogs se allerheiligste tien gebooie oortree deur ander mense se werk hier te kom plak. Makiesakie. Hierdie blog is vir idees en ervarings deel. Die eerste is ‘n skakel na ‘n storie wat die meeste van ons in een of ander vorm al iewers gehoor het, maar sê my of jy dit kan lees sonder dat dit ‘n bietjie lig in jou donker pondok laat skyn:

Kliek hier om die storie te gaan lees.

Die volgende een het my al telkemale laat beter voel:

 

Go the distance (from Disney film “Hercules”)

 

I have often dreamed
Of a far off place
Where a hero’s
welcome
Would be waiting for me
Where the crowds will cheer
When they see my face
And a voice keeps saying
This is where I’m meant to be

I’ll be there someday
I can go the distance
I will find my way
If I can be strong
I know every mile
Will be worth my while
When I go the distance
I’ll be right where I belong

Down an unknown road
To embrace my fate
Though that road may wander
It will lead me to you
And a thousand years
Would be worth the wait
It might take a lifetime
But somehow I’ll see it through

And I won’t look back
I can go the distance
And I’ll stay on track
No I won’t accept defeat
It’s an uphill slope
But I won’t lose hope
Till I go the distance
And my journey is complete

But to look beyond the glory is the hardest part
For a hero’s strength is measured by his heart

Like a shooting star
I will go the distance
I will search the world
I will face its harms
I don’t care how far
I can go the distance
Till I find my hero’s welcome
Waiting in your arms…

I will search the world
I will face its harms
Till I find my hero’s welcome
Waiting in your arms

 

Swart hond

Die swart hond. Dis wat Winston Churchill hom genoem het. Vreesaanjaende ding as hy in jou agterplaas in die half-maanlig rondsluip. Dit laat jou kopvel kriewel en die koue sweet in jou nek afloop. Veral as hy nog hier by die kombuisdeur kom snuffel en jy weet sy maters staan by die voordeur en wag dat jy gek raak en sommer halsoorkop uithardloop in hulle oop kake in. Hulle speel hierdie sielkundige speletjie met jou.

‘n Hele paar van my naby familielede en vriende het die swart hond se aanslag nie oorleef nie. Tragiese grepe uit my verlede, sommige studente in hulle fleur. Intelligent, talentvol. Die wat uitgestyg het. Sinneloos.

En hier sit ek weer Donderdagaand saam met ‘n pel van my en drink ‘n bier. Hý is op vrugtesap, want alkohol werk nie mooi saam met sy medikasie nie. Hy sukkel al ‘n halwe leeftyd met hierdie ongedierte. Soms is hy weke van die werk af, soms gaan dit weer goed. Sy gesin ondersteun hom, maar vir hulle is dit altyd ‘n bron van kommer. Ons praat oor hierdie nagmerrie wat hom so bloots ry, hierdie spook wat mens nie sommer net kan besweer nie. Blykbaar help oefening. Dit doen hy gereeld. Dit is ook goed om met vriende uit te gaan en jou nie toe te skulp in jou donker wêreld nie. Mens moet dit by die naam noem en daaroor praat. Dis ‘n siekte, ‘n “dis-ease”. Iets wat nie reg en gemaklik en lekker is nie. Snaaks dat ons nie maklik daaroor praat nie, maar ons deel graag ons ervaringe oor soolvratte, blindederms, selfs kanker en hartsiekte, terwyl die swart hond in die donker moet rondsluip.

Vir meeste van ons is dit maar net ‘n hond. Canis lupus familiaris. ‘n Makgemaakte en oor millenia geteelde afstammeling van die wolf. Jy kan hom maak sit in die hoek en wag vir sy kos. Jy kan hom (spreekwoordelik) met ‘n stok slaan of in die ribbes skop. Jy kan die een miljoen kerskrag soeklig op hom skyn en hom in sy spore laat vries. As jy wil kan jy hom laat voertsek, of dalk rasionaliseer soos samuhr, met sy aweregse humorsin.

Die meeste van ons sukkel soms om perspektief te behou in donker tye. Dis nou wanneer jy oorwerk, vrot van die skuld, in ‘n liefdelose verhouding, vereensaam en verworpe op die ashoop gaan sit. Jy sit daar en dink dis dalk beter dat jy nie meer aanhou lewe nie. Jy kan dalk net ry tot by Beachy Head en afspring in die see. En tog kan jy opstaan van hierdie ashoop af, jouself regruk en in die sonlig uitstap om weer voluit te lewe. Meestal. Maar ek praat nie vanaand van hierdie tydelike soort neerslagtigheid nie, maar van kliniese depressie.

Dan is daar my geliefdes wat nie kon opstaan nie, naby vriende wat in sak en as bly lewe, wat hierdie hond nie van die deur af kan wegjaag nie.

Ek dink vanaand aan julle. 

Perspektief

Deel I – Woensdagoggend

Ek moes gister na ‘n tien uur werksdag jaag na die naaste depot omdat die koerier wat ons die oggend al bestel het nooit opgedaag het nie. Baie belangrike pakkie. Moet vanoggend teen nege-uur by sy bestemming wees. Dis nou Penrith in Cumbria. So ek ry ‘n uur tot by TNT se depot en weer ‘n uur terug tot by die huis om…….twee botteljies papagaaimis te stuur!

Deel II – Woensdagaand

Ja amper het die spreekwoordelike die waaier getref. Maar wonder bo wonder, toe ek vanoggend die laboratorium bel om verskoning te maak dat die pakkie dalk laat mag wees, toe het hulle hom pas ontvang. En om dit alles te kroon was die resultaat negatief so ons geveerde vriende kan saam met hulle eienaar reis na Europa.

Naskrif

Nooit in my wildste drome het ek gedink dat ek so sou “tjol” aanjaag op ‘n blog nie.