It made a difference for that one….

Krokodil het my voorgestel aan Clarissa Pinkola Est├ęs en haar woorde: “we were made for these times”
Lees dit gerus weer end-uit:     http://www.mavenproductions.com/esteswindow4.html

Ek is vanoggend diep geraak deur die hartseer nuus op Kerneels se blog, en soos al die ander wat gereageer het, het ek nie eintlik woorde nie.

Tog is daar hoop vir die van ons wat nog hier is. Krokodil se bydrae het my laat terugdink aan die ou bekende storietjie van die seesterre. Daar is baie weergawes beskikbaar op die internet.

Die volgende een is ‘n verwerking van Loren Eiseley se essay, “The Unexpected Universe”.
Hy het ‘n wonderlike subtiele manier om groot waarhede uit te lig:

http://www.eiseley.org/Star_Thrower_Cook.pdf

Die ander stukkie is ‘n verwerking deur Joel Barker, en is vir my meer bekend:

http://www.starthrower.com/star_thrower_story_script.htm

Hierdie laat my dink aan Ezile se woorde, “Onthou net, aanhouer wen”

Advertisements

Liz het mos gevra…

Liz het gevra…

“Wat doen jy in die real life? Wanneer jy nie blog nie?
Hoe hou jy jou siel en jou liggaam aanmekaar?
Geniet jy wat jy doen, is jy frustreerd?
Vertel bietjie…”

Wel ek het probeer om bietjie my lewe op te som in die keuses van blog naam en blog titel:

In Afrikaans:
gidivet:   Gee die vet, m.a.w. omie trap die petrol, kom van jou agterent af, doen iets vir ‘n slag.
vetweet:   1. Ek weet nie, laat my weet as jy uitvind.   2. Milde uitdrukking van verbasing, skok en ongeloof.

In Engels:
gidivet:   Lightheaded, vertiginous, sometimes frivolous and lighthearted vet.
vetweet:   The vet knows. (Of baie meer eerlik: The vet doesn’t know half the time.)

Toe ons die dag kwalifiseer het een baie gerespekteerde professor hierdie bom gelos: “I’ve got some bad news for you. Half of what you were taught is untrue. The problem is, we don’t yet know which half.”

Hoe hou ek siel en liggaam aanmekaar? Ek som dit op met: “Stay curious.” Enige werk kan vervelig word as ‘n mens nie aanhou vrae vra nie. Ek geniet meestal wat ek doen, maar natuurlik is daar soms frustrasies. Ek dink dis maar die lewe en nie noodwendig gekoppel aan jou keuse van beroep nie.

Daar word beweer dat diegene wat hulle doelwitte neerskryf dit meer susksesvol sal bereik.
My doel is om vir myself en my gesin geleenthede te skep deur die regte keuses te maak elke dag.
Ek wil leer om meer van ‘n entrepeneur te word.
Ons wil ‘n besigheids- en eiendomsportefeulje bou.
Ons wil ons kinders leer van besigheid.
Ons wil ons passiewe inkomstestroom uitbrei.

Die laaste punt het ek laasweek aan my lyf beleef. Normaalweg is ek baie gesond. Toe is ek skielik in baie ongemak en pyn en moes ‘n paar dae by die werk afneem. As ek nie werk nie verdien ek nie my daaglikse brood nie. As ek nie werk nie moet ek boonop iemand anders betaal om my werk te doen. ‘n Passiewe inkomste sal dinge vergemaklik. Daarom die beleggings.

Wat nou van die meer belangrike dinge in die lewe, soos naasteliefde, humor, medemenslikheid, vriendskap, burgerpligte, morele standaarde, en God.
Wel daaroor hoop ons om mettertyd ook ‘n ietsie te sê.

Hoendertjie – 3

Kiara hardloop nou blykbaar saam met die ander hoenders op die werf rond. Haar entoesiastiese gesinnetjie was baie opgewonde oor die foto’s op die blog en het belowe dat hulle ‘n opvolg foto sal neem en vir my sal aanstuur om hier te plaas. Ek hoop nogal hulle doen dit, al is dit net om finaal die ou storietjie tot ruste te laat kom.

Om af te kaas

Dalk weet jy waarvan ek praat. Dis mos so met vriendskappe: party is lewenslank, ander is net vir ‘n tyd. Sommige van my vriende kom uit ons skooldae. Ons kan nog steeds na ‘n jaar en 10 000 kilometer skeiding weer by mekaar uitkom en gesels asof die tyd en afstand irrelevant is. Diesulkes is skaars.

Ek moet dit nog net leer.

Dis nie asof ek nie geweet het nie. Audrey Blignaut het jare terug al gesê mens moet weet wanneer om ‘n vriendskap “af te kaas.” (as ek reg onthou).

My pa kon mos nooit by ‘n vriend of familielid verby ry nie. Ek dink ook dis maar die ver plekke waar ons gebly het. Ons het immers net een maal per jaar, of soms met langer tussenposes afgekom Kaap toe. Ons kinders wou net by die see uitkom. Pa het gestop en gekuier. Ek vermoed my ma het anders gevoel. Ek weet my vrou vind my fiksasie op vriendskap ‘n frustrasie.

Vanaand het ek gou by ‘n vriend aangery wat ek lanklaas gesien het. Hulle was reeds uitgekuier aan ander kuiergaste en moeg. Ek moes dit gesien het en aangery het, maar in die verlede sou dit nie saak gemaak het nie. Ons het gekuier en gefilosofeer soos van ouds, maar mekaar nie gevind nie. Ek is met ‘n groot hartseer daar weg, met die besef dat hierdie vriendskap sy rakleeftyd reeds oorskry het. Wanneer het dít dan gebeur?

Wie weet nog van gangreen? Ek sien dit soms by die werk. Sommige medici dalk ook. Jy sien, dit gebeur mos so onder jou neus. Letterlik. Jy ruik dit lankal maar bly ontken dit. Want jy weet dis deel van jouself, hierdie ledemaat.

Dis nie sommer net vir afkaas nie. Nee.

Dis amputasie.