Ek soek nie ‘n ekspert nie

Expert.

Ex = “has been”.

Spurt = “drip under pressure”.

So ek soek nie ‘n ekspert nie. Nie eers ‘n eks resiesperd nie.

Maar iemand wat my kan help met ‘n taaldilemma sal welkom wees.

Ek dink vandag oor familie en verwantskap. Dis natuurlik ‘n mynveld.

Is mynveld nog ‘n anglisisme of is anglisismes oudmodies?

Wat is ‘n tameletjie soos “‘n mynveld” in korrekte Afrikaans? In hierdie konteks natuurlik.

In elk geval, dit gaan oor niggies en nefies en susterskinders en so aan. Die vader weet alleen hoekom die verskillende tale dit so gaan staan en opmieks het.

Ek het ‘n tabelletjie saamgestel om te probeer verduidelik:

Afrikaans

English

Deutsch

 

 

 

Neef

Cousin

Cousin

Niggie

Cousin

Cousine

Broerskind of Susterskind (manlik)

Nephew

Neffe

Broerskind of Susterskind (vroulik)

Niece

Nichte

My neef of niggie se seun/doger.

First cousin once removed

Cousin/Cousine ersten Grades

Ok, as jy die verwantskappe in Afrikaans baasgeraak het en dan moet oorskakel Engels of Duits toe raak dit ingewikkeld.

En dis nogal heel handig om te kan sê “I’m your first cousin once removed. Only once, mind you, I normally leave willingly.”

In Afrikaans het ek altyd van my kleinniggie gepraat (sy weet wie sy is). Haar ma en my ma is niggies, so ek en sy is kleinneef en -niggie. Maar is ons nie ook geneig om hierdie reël bietjie te buig nie? Ons mag dalk na ons neef se seun verwys as ‘n kleinneef, byvoorbeeld. Of is daar dalk ‘n beter manier?

Om nie eers van oom en tante en al hulle variasies te praat nie. Ek dink ons vermy dit sommer en raak iets soos “my ouma se broerskind” kwyt.

Nou wonder ek of mense in Suid-Afrika wat nog Afrikaans praat eintlik omgee oor al hierdie dinge.

Dalk is ek sommer OCD. Maar moet vir niemand sê nie.

Afrikaans

English

Deutsch

 

 

 

Neef

Cousin

Cousin

Niggie

Cousin

Cousine

Broerskind of Susterskind (manlik)

Nephew

Neffe

Broerskind of Susterskind (vroulik)

Niece

Nichte

My neef of niggie se seun/doger.

First cousin once removed

Cousin/Cousine ersten Grades

Advertisements

I’m a gnu – vir Jan Klaas

Ok, ek’s nog hier. Dis goed dat ek stil is, dit beteken ek’t werk om te doen by die werk…

Intussen, net ‘n smakie van Flanders and Swann, een van my gunsteling komiese liedjies.

I’m a gnu

A year ago, last Thursday I was strolling in the zoo
when I met a man who though he knew the lot.
He was laying down the law about the habits of Baboons
And how many quills a porcupine has got.
So I asked him: ‘What’s that creature there?’
He answered: ‘Oh, H’it’s a H’elk’
I might have gone on thinking that was true,
If the animal in question hadn’t put that chap to shame
And remarked: ‘I h’aint a H’elk. I’m a Gnu!’

‘I’m a Gnu, I’m a Gnu
The g-nicest work of g-nature in the zoo
I’m a Gnu, How do you do
You really ought to k-now w-ho’s w-ho’s
I’m a Gnu, Spelt G-N-U
I’m g-not a Camel or a Kangaroo
So let me introduce,
I’m g-neither man nor moose
Oh g-no g-no g-no I’m a Gnu’

I had taken furnished lodgings down at Rustington-on-Sea
Whence I travelled on to Ashton-under-Lyne it was actually
And the second night I stayed there I was woken from a dream
That I’ll tell you all about some other time
Among the hunting trophies on the wall above my bed
Stuffed and mounted, was a face I thought I knew;
A Bison? No, it’s not a Bison. An Okapi? Unlikely, Really. A Hartebeest?
When I though I heard a voice: ‘I’m a Gnu!’

I’m a Gnu,
A g-nother gnu
I wish I could g-nash my teeth at you!
I’m a Gnu, How do you do
You really ought to k-now w-ho’s w-ho.
I’m a Gnu Spelt G-N-U,
Call me Bison or Okapi and I’ll sue
G-nor am I the least
Like that dreadful Hartebeest,
Oh, g-no, g-no, g-no,
G-no g-no g-no I’m a Gnu
G-no g-no g-no I’m a Gnu

It’s very G-nice of you.

Kliek hier vir die Youtube Video

Vir die geeks, en die ander ook.

Goeiemore. Ek is nou lankal nie meer seker wat op SA televisie verskyn en hoeveel van die Britse komedies mens daar kan kyk nie. Daar is niks wat ‘n mens so lekker regkry vir ‘n koue wintersdag as ‘n bietjie humor nie en min humor so toepaslik as die twee Ronnies. Wel Ronnie Barker is oorlede, maar sy werk lewe voort, en Ronnie Corbett het onlangs sy 80ste verjaarsdag gevier. Hier is hy saam met Harry Enfield in ‘n skets wat my vanoggend laat glimlag het.

Ter verduideliking: Orange is ‘n Engelse selfoonmaatskappy.

http://www.bbc.co.uk/emp/external/player.swf

Lekker dag vir julle.

Soap on a rope en ander vraagstukke

Ek dink vanaand heel onverklaarbaar en onlogies, aan “soap on a rope”.

Ek was nog seker in die laerskool toe dit die eerste keer in die winkels begin verskyn het, en ek het toe nogal gedink dit is ‘n goeie idee. Dalk het ek sommer ook vir my pa so ‘n sepie gekoop vir Kersfees. Kon gewees het ja, want die sakgeldbegroting was maar skraps.

En tog.

Hierdie sepies het nooit regtig in my lewe posgevat nie. Dit hang nou wel baie lekker aan ‘n haak in die stort, maar die tou kom bietjie in die pad as jy die seep wil gebruik.

Snaaks hoe so ‘n sepie die herinneringe losmaak. Laat my dink aan daardie Kersfeestye by die strandhuis. Ek het vir ‘n hele klompie jare elke Kersfees ‘n blikkie kondensmelk gekry. Om die waarheid te sê, ek sal vandag nog bly wees om ‘n blikkie van Nestlé se beste in my kerskous te kry. Saam met die kondensmelk was daar dan iets anders soos ‘n knipmes of ‘n flits. Maar een van die lekkerste presente was die jaar toe ons elkeen ‘n plastiek Ford Capri kar gekry het, ek ‘n rooie en my sus ‘n gele. Hulle was vol stickers en mens kon hulle met ‘n toutjie in die pad agter jou aan sleep. Natuurlik het ons die oggend na kerk dadelik afgesit strand toe om die karre te gaan uittoets, op die strand en ook in Jongensfontein se stroompie en oor die klippe tot in die see. Dit was nie lank nie of al die stickers het afgewas, maar die karre het gehou. Ek vermoed die karre is dalk nou nog daar in die stoorkamer, dieselfde een waar die badza nou nog teen die muur hang.

Maar behalwe nou vir die sepie kan ek wragtie nie onthou watse tipe presente ek vir my pa of ma gekoop het nie. Dalk ook maar beter so.

Nou wonder ek tog oor hierdie dinge. Kan jy onthou wat jy vir jou ouers gekoop het vir Kersfees?

En is daar iemand wat nou nog soap on a rope gebruik? Nie net koop en weggee as ‘n geskenk nie.

En as jy dink dis ‘n simpel onderwerp kom luister gerus hoe hierdie ouens die kitare klits…


Chickenfoot – “Soap On A Rope”.

Maar moet maar liewer nie na die woorde luister nie, want hulle maak net so min sin as myne vanaand.

Vir ‘n ieder en elk

Ek het hierdie woorde al vantevore geblog. En sal seker weer in die toekoms, want ek kan aan geen mooier seënwens dink nie.

Mag hierdie werklik jou ervaring wees in 2011:

Terloops, as jy net ‘n bietjie aanhou luister sing “The Priests” ook Pie Jesu uit Andrew Lloyd Webber se Requiem.

May the road rise to meet you,
May the wind be always at your back.
May the sun shine warm upon your face,
The rains fall soft upon your fields.
And until we meet again,
May God hold you in the palm of his hand.

May God be with you and bless you:
May you see your children’s children.
May you be poor in misfortune,
Rich in blessings.
May you know nothing but happiness
From this day forward.

May the road rise up to meet you
May the wind be always at your back
May the warm rays of sun fall upon your home
And may the hand of a friend always be near.

May green be the grass you walk on,
May blue be the skies above you,
May pure be the joys that surround you,
May true be the hearts that love you.


Mymeringe oor 2011.

Hierdie gidivet is ‘n uitsteller van die eerste water. Hy maak nie sommer nuwejaarsvoornemens nie, behalwe nou as daar sekerheid is oor die suksesvolle uitvoering daarvan.

In 2010 het ek my dit ten doel gestel om meer oor Real Ale te leer, en ek moet rapporteer dat dit ‘n groot sukses was. Ek het redelik metodies te werk gegaan en heelwat nuwe biere geproe. ‘n Baie aangename proses.

My tweede voorneme was om meer positief te wees, en weer eens moet ek erken dat dit oor die algemeen gewerk het. Tog is dit ‘n meer esoteriese en minder meetbare doelwit. My medemens moet dalk maar die finale oordeel fel.

En hier spring ons nou voete eerste (wel dis beter as om voete eerste gedra te word – heelwat beter) in 2011 in.

Wat maak ‘n mens met 2011? My besigheid is nou, meer as ooit, op ‘n kritiese fase. Ons het so pas ons tweede verjaarsdag gevier, en ek weet hierdie projek gaan my onverdeelde aandag en energie vereis om nie net te oorleef te midde van ‘n resessie nie, maar te groei soos dit moet.

En tog.

Tog is daar ‘n dieper dimensie. Daar moet iets meer wees. ‘n Tema vir hierdie jaar en die wat hierop volg.

Ek hou van reis. Vandat ek kan onthou is dit ‘n passie. Ek wil nuwe plekke sien, hoor, proe, ruik – ervaar.

As ek na my blogs van die afgelope 2½ jaar kyk is dit ‘n onderliggende dryfveer.

Ek praat in terme van stewels op ‘n gruispad, tekkies op ‘n treinstasie, ruitveërs, kopligte, druppels op ‘n warm teerpad, ‘n lied in die hart.

Waarheen in 2011?

Wel, terloops is daar ‘n skoolreünie ter sprake. Klas van 1981, Hoërskool Swartland, Malmesbury. My hart staan ‘n punt om daar uit te kom.

En net vanoggend het daar, so saam met die nuwe jaar, ‘n nuwe boek in my versameling grondgevat, die eerste elektroniese boek waarvoor ek betaal het: “How God changes your brain“, deur Mark Robert Waldman en Andrew Newberg.

Die boek is die vrug van voortgesette navorsing oor die invloed van spirituele aktiwiteit op die fisiese ontwikkeling van die brein.

Die eerste paar bladsye beloof ‘n fassinerende reis deur ‘n wêreld van dendriete en neurologiese bane tot by ‘n dieper begrip vir die fisiologie van godsdiens.

Jy sou tereg opmerk dat dit ‘n mondvol is. Maar dit lok my, want dit spreek daardie dimensie van menswees aan wat hom mens maak, die soeke na iets buite homself, iets groter as sy worsteling op oorlewing, die ontwikkeling van die vermoë om nie net te resoneer met die emosies van ‘n medemens nie, maar ook die vermoë om te reageer op ‘n ander se pyn.

Ja ek wil hierdie boek lees, oordink en beproef.

Miskien gaan my blote doellose reis ‘n pelgrimstog word.

En dan is daar natuurlik ‘n jarelange droom, om die “Jakobsweg” te gaan stap. El Camino de Santiago, ‘n pelgrimstog na Santiago de Compostela. Wie weet, dalk gee ek die eerste paar treë op daardie roete vanjaar.