Postscript

Postscript

 
And some time make the time to drive out west
Into County Clare, along the Flaggy Shore,
In September or October, when the wind
And the light are working off each other
So that the ocean on one side is wild
With foam and glitter, and inland among stones
The surface of a slate-grey lake is lit
By the earthed lightening of flock of swans,
Their feathers roughed and ruffling, white on white,
Their fully-grown headstrong-looking heads
Tucked or cresting or busy underwater.
Useless to think you’ll park or capture it
More thoroughly. You are neither here nor there,
A hurry through which known and strange things pass
As big soft buffetings come at the car sideways
And catch the heart off guard and blow it open

Poem by Seamus Heaney

More info about this poem here

With a bit of luck you can hear this poem read on BBC iPlayer for the next 7 days. The poem is right at the end of the program if you want to skip forward to it, or just sit back and enjoy all the poems.

Advertisements

Goeie voornemens in die weegskaal

Dwalende deur PC World. Selfs ‘n uitverkoping van top skootrekenaars kan my nie eers vandag inspireer nie. Dwaal ek maar weer daar uit. Miskien koffie in Sainsbury’s. Maar niemand om mee te kuier nie. My lunch break gaan ook nie vir ewig hou nie. Gou-gou ‘n paar skuursponsies koop vir die werk, 12 pennies. Bargain. Te minste kan ek die teevlekke bietjie uit die koppies skuur. Jiggg.

Wat is dit met mense? As dit nie vir mense was nie dan was die paradys….uhhhhmmmm…….wel, ‘n paradys. Dalk vandag nog. Partykeer vereis die omstandighede dat klapperdoppe teen mekaar gekap word maar die arbeidswette kyk vandag nie gerieflikheidshalwe anderpad nie. Word wakker en word groot! Maar dit kan ook nie hardop gesê word nie. Dan maar in my kop mor verdomp.

Wat was my eerste nuwejaarsvoorneme (in jare!) nou weer?  (Bly positief.) Ga! Humf!

Miskien die tweede voorneme dan? (Word ‘n kenner van real ale.) Oeps, nog te veel maand oor aan die einde van die salaris…en nou kan ek nie eers die baas vir ‘n verhoging vra nie. Want ek werk vir ‘n harde baas. (Myselwers.)

Dan maar ieder gaan slaap. Beste raad.

Dalk lyk dinge beter in die daglig.

Of dalk nie. Moet môre weer gaan werk.

Ouuuu…..kei.

Jingle Bells, Jingle Bells, Jingle all the way. Oh what fun….etc, blahblahblah.

Gmf!

Ns. Een blink gedagtetjie: Dalk was dit oorlat daar ‘n blou maan is. Ten minste iets om te blameer. Nou voel ek al klaar beter.

My “local”

Die meeste van ons het ‘n paar gunsteling kuierplekkies. Dan is daar die plek waar jy ‘n lafenissie kan gaan geniet, wat hulle hier “my local” noem. Dis nou jou plaaslike pub (public house) waar jy daarop kan staatmaak om ‘n paar van jou pelle raak te loop en lekker saam te kuier.

Flenters gesels hier op my vorige blog oor ‘n onvergeetlike ontmoeting met ‘n bier(e) en ‘n heerlike pasty iewers op Dartmoor by ‘n eeue-oue pub. Nou ja my “local” is die “Fox Inn”, net ‘n kort stappie ver van my huis af, so ek hoef nie bekommerd te wees oor bestuur na die tyd nie. Die besoeke is beperk tot so een of twee maal per maand – dis nie ‘n goedkoop aandjie uit nie…

The Fox Inn

Nou ja ek is nog ‘n groentjie wanneer dit kom by bier, veral real ale, maar ek het ‘n nuwejaarsvoorneme om die onderwerp indringend te bestudeer…  My pastor is ‘n ou Yorkshireman, en hy het my voorgestel aan Landlord. Die regte naam is eintlik

Timothy Taylor Landlord. Nuttige pastor om te hê, want hy’s ‘n ware kenner van real ale.

Ek is een van daardie ouens wat my nuwejaarsvoorneme gaan deurvoer.

Kom wat wil.

Ietsie oor “Pork Pies”

Tydens kommentaar op my vorige inskrywing het die onderwerp van “pork pies” na vore gekom. Mens kan sommer dadelik agterkom dat hierdie eg Engelse lekkerny mense se opinies erg polariseer. Ja nee, daar is min mense wat van emosie ontdaan hieroor kan redeneer.

Ek hou van hom met lekker baie growwerige vleis, redelik sterk met peper gegeur, en min jellie. Ja dis veral die jellie wat baie mense afsit. Mev Gidi trek haar neus op ‘n plooi wanneer ons pork pies noem, terwyl haar dierbare moeder nie genoeg daarvan kan kry as sy hier kuier nie. (Skies ma, dis vir die dramatiese effek. Ok ek sal dit herskryf.)

Skoonma hou baie van pork pies, en dis een van die eerste dinge waarvoor sy vra as sy hier kom kuier. Maar sy hou matigheid voor oë.

(Klink dit beter ma?)

Nou ja, wat is ‘n “pork pie” wanneer dit by die huis kom? Ek het maar my ou gunsteling, die Wikipedia, gaan raadpleeg vir ‘n definisie:

“Pork pies are a type of meat pie and are traditional British food. They consist of roughly chopped pork and pork jelly sealed in a hot water crust pastry, and are normally eaten cold. They are usually eaten at picnics with ketchup, HP sauce or mustard.”

Hier is ‘n interessante stukkie wat mens maar net weer laat besef hoe uniek die ou eilandjie waar ons woon, nou eintlik is. Waar in die wêreld het mense nog tyd hiervoor:


http://www.porkpieclub.com/modules.php?name=Pie_Club_History&file=howitbegan

As gevolg van hulle gewildheid het pork pies ook hulle weg na die “cockney rhyming slang” gevind:

“Pork pie = Lie”, byvoorbeeld, “Stop tellin’ me porkies!

Nou ja, die mees bekende pork pie is die Melton Mowbray Pork Pie. Dis blykbaar die dorp waar dit sy ontstaan het:

http://cjw.me.uk/a-nice-cup-of-tea-and/melton-mowbray-pork-pie/

Fudge-so 2

Nou ja mense, die mooi blikkie is leeg, behalwe vir die paar krummeltjies. Die GGBS* het die produk deeglik beproef en waardeer.

Stap 2 is om hom vol te kry met Ingelse gebak en terug te stuur vir ‘n veelsydige vrystaatse fietsvarende versvlytige fugde-so vervaardiger.

Bak-en-brouery is nie in my bloed nie, dus soek ek inspirasie in die plaaslike produkte. Daar is al so ‘n paar dingetjies op my lysie, maar ek weet ook dat mens die meeste Britse produkte in Suid-Afrikaanse winkels kan koop. Toe dag ek ons bloggers kom dalk met ‘n paar goeie idees vorendag.

Watse tipe goed sukkel mense om daar by julle te kry wat eg Engels is?

So ‘n leë blikkie is ‘n hartseer ding…

*Gidivet Gesin Buro van Standaarde

Lost in translation

Lost in translation
In 2006 het my pa die stryd teen hartversaking verloor. Ek spring op ‘n vliegtuig en kry dit nog reg om met hom te praat en te groet. Van oral oor kom die familie en vriende af Jongensfontein toe vir die diens. Ons wil graag dankie sê vir ‘n pa, lewensmaat, oom, vriend en kollega van formaat.
My sus en ek organiseer die diens en ek stuur ‘n SMS boodskap vir oom C, wat iewers in die Karoo ry. Die uwe, wat sy selfoon in Engeland ‘n “mobile” noem, en “text messages” stuur, bel oom C op sy selfoon om te vra of hy ‘n woordjie kan praat tydens die diens. Die ontvangs is maar swak, so ek sê dat ek vir hom ‘n teks sal stuur. Kort daarna tik ek gou vir hom ‘n kort boodskappie en stuur die SMS om te sê waaroor ons wil hê hy moet praat.
‘n Paar ure later arriveer oom C hulle en hy’t ‘n ietwat vraende uitdrukking op sy gesig. “Gidi, jy’t gesê jy sal vir my die teks stuur, maar ek wag nou nog vir hom.”
“Oom C, maar ek het mos ‘n teksboodskap gestuur?”
“Nee man, ek dog jy bedoel Bybelteks”.
“O girts Oom, ekskuus ek het bedoel SMS. Maar ek gee glad nie om nie. Oom kan maar enige mooi teksie kies.”
So tussen die trane deur kon ons vir mekaar glimlag.

Lost in translation

In 2006 het my pa die stryd teen hartversaking verloor. Ek spring op ‘n vliegtuig en kry dit nog reg om met hom te praat en te groet. Van oral oor kom die familie en vriende af Jongensfontein toe vir die diens. Ons wil graag dankie sê vir ‘n pa, lewensmaat, oom, vriend en kollega van formaat.

My sus en ek organiseer die diens en ek kontak oom C, wat iewers in die Karoo ry. Die uwe, wat sy selfoon in Engeland ‘n “mobile” noem, en “text messages” stuur, bel oom C op sy selfoon om te vra of hy ‘n woordjie kan praat tydens die diens. Die ontvangs is maar swak, so ek sê dat ek vir hom ‘n teks sal stuur. Kort daarna tik ek gou vir hom ‘n kort boodskappie en stuur die SMS om te sê waaroor ons wil hê hy moet praat.

‘n Paar ure later arriveer oom C-hulle en hy’t ‘n ietwat vraende uitdrukking op sy gesig. “Gidi, jy’t gesê jy sal vir my die teks stuur, maar ek wag nou nog vir hom.”

“Oom C, maar ek het mos ‘n teksboodskap gestuur?”

“Nee man, ek dog jy bedoel Bybelteks”.

“O girts Oom, ekskuus ek het bedoel SMS. Maar ek gee glad nie om nie. Oom kan maar enige mooi teksie kies.”

So tussen die trane deur kon ons vir mekaar glimlag.

selfoon as rekenaar 2

Dankie aan die wat gereageer het op my vraag oor blog op die selfoon. Die antwoorde bevestig my vermoede dat heelwat van ons dit al probeer het, en gevind het dat blogs lees heel goed werk, en selfs kommentaar tik nie te veel inspanning vereis nie, maar wanneer dit kom by die eintlike blog inskrywing bly rekenaar koning.

Dink net: my skoonpa het op rekenaars begin werk wat ‘n kamer volgestaan het. My eerste rekenaar het 20 megabyte se hardeskyfspasie gehad en ‘n monochroomskerm. In 1990 moes ek met ‘n selfoon rondloop wat meer as ‘n kilogram geweeg het. Maar toe was dit fantasties om te dink jy kan ‘n foon met jou saamneem waar jy wil.

Vandag se slim fone is voorwaar alles wat rekenaars ‘n paar jaar gelede was, en dit pas in jou sak. Verbysterend.
Die foon in my sak het ‘n vinniger blikbrein as my ouerige rekenaar wat in die hoek staan en stof opgaar.
Ek dra musiek, videos, internettoegang en ‘n volledige kommunikasietoestel met my saam.
‘n Paar jaar gelede het Skype op selfone moontlik geraak en kon ek sommer in die straat loop en gratis met my vriend in Bolivia praat. Skoolkinders beskou al die selfoon as ‘n persoonlike reg en noodsaaklikheid. SMS, e-pos, Facebook, Twitter en Youtube op jou foon bring jou met die wêreld in aanraking soos nooit vantevore nie.

Nou bly daar net een vraag: het al hierdie tegnologie van ons beter kommunikeerders gemaak, of het dit ons juis afgestomp?