Ek’s vreeslik aktief, belowe

Ek kan rapporteer dat tydens die maand van Junie daar fees gevier is in die Verenigde Koninkryk, synde die Koningin nou al baie lank regeer. Bowenhalwe en desnieteenstaande is daar ook vakansie gehou, en onder andere het:

1. ‘n vriend vyftig jaar gevier.

2. ‘n bierbrouery en ‘n bybelgenootskap saam geb(r)ou.

3. gidivet heel wettig geld gewas.

4. ons in Maidstone in die modder marshmallows gebraai.

5. ‘n sigeuner ons in Budapest geserenade.

6. die Blou Donau maar bra bruinerig daar uitgesien.

7. pomelosap lekker geproe in ‘n mark vol paprika.

8. katte gedoen wat net katte kan.

9. ‘n paar Duitsers, ‘n rooinek Afrikaner, ‘n Japanees en ‘n Hongaar fietsgery in die warm middagson soos net ‘n mal hond of Engelsman veronderstel is om te doen.

Sela

Ns: is die nou al genoeg om te wys ek was ‘n aktiewe blogger?

Mettertyd sal daar dalk ‘n paar foto’s hierheen oorkom, so julle kan nie nou al hierdie blog toemaak nie, gehoor!