Ceilidh

In my notaboekie is daar ‘n bladsy genaamd “Nice things”. Ja ek hou van lysies maak. Daar’s ‘n paar dinge wat baie mense mee sal saamstem, byvoorbeeld:

  • biltong
  • boerewors

Dan is daar ‘n paar persoonlike goed wat miskien nie vir jou so sal saak maak as vir my nie: en ja, my notaboekie is in Engels, meeste van die tyd.

  • solitude
  • people (in small doses)
  • listening to my children making music
  • talking to the author of a book I’ve just read
  • knowing that it’s ok to be an introvert
  • going on a journey
  • getting a handwritten thank-you card
  • meeting like-minded people

So twee naweke gelede het ek sommer ‘n klomp van die lekker dinge op my lysie gedoen. Die geleentheid was die VCF* National Conference. Die Donderdag al was ek af by die werk. Daar was baie dinge om reg te kry vir die trippie. Eerstens moes die kar stilgemaak word. So twee dae vantevore het die agterste stuk uitlaatpyp in die pad afgeval. Teen die middag was ek amper £200 armer en die kar se bek was stil. Daarna die kar binne en buite behoorlik skoongemaak. Ek moes passasiers optel.

Die volgende lekker ding was om die Vrydagoggend douvoordag in die pad te val. Hier teen 11:00 was ek al in Birmingham International Station se karpark. Hulle het ‘n mono-rail treintjie wat jou met die lughawe verbind. Kabelkarretjies en treintjies is deel van die pret.

Die enigste vlieg-in-die salf daardie dag was die barista by die Costa-koffie restaurant. Sowat  van suur het ek lanklaas in ‘n mens se gesig gesien. Ek dog toe by myself: “Jou dag sal ook baie beter wees as jy jou klante met ‘n glimlag groet.” Maar ag, wat weet ek tog van die stomme man se frustrasies. Dalk is daar sterfte in die familie. Ek is op reis, ek hoef nie saam met hom te werk nie. Die lekker koffie en Tiffin het daarvoor opgemaak.

Brian en Sandra was my passasiers. Hulle vlug van Belfast af het vroeg geland, en dit was nie lank nie of ons vat die pad. Hulle is al lank lede van die VCF, maar dit was ook hulle eerste keer by die konferensie. Ons gesels baie lekker in die kar. Hy’s ook ‘n veearts (en sy vrou Sandra is ‘n mens). Ons was reeds baie vroeg die middag by die Hayes konferensiesentrum. Dus kies ons koers in die dorpie (Swanwick) in en oor ‘n glasie bier en ‘n baie lekker middagete leer ons mekaar beter ken.

So een vir een begin die mense opdaag, en daar is vanjaar sommer baie studente ook. Wat ‘n heerlike geleentheid, as die jonges en oues (en moet nie die middeljariges vergeet nie), almal kan saam konferensie hou. Reeds teen die eerste aand wonder ek hardop oor hoekom ek al twintig jaar in Engeland bly en nog nooit die spesifieke geleentheid bygewoon het nie.

Peter Comont is die spreker. Hy’s ‘n veearts, maar die Here het hom op ander paadjies gelei. Vandag lei hy ‘n kerk in Oxford UK, en ons het die voorreg om saam met hom deur Esra te werk.

En toe die Saterdagaand is die ceilidh. Die wiki-artikel beskryf dit so:

 In modern usage, a céilidh or ceilidh /ˈklɪ/ is a traditional Gaelic social gathering, which usually involves playing Gaelic folk music and dancing. It originated in Ireland and Scotland, but is now common throughout the Irish and Scottish diasporas

Dis seker die naaste aan ‘n sokkie-jol, maar daar word groepsdanse gedoen. Miskien nader aan volkspele dan, maar dis baie gewild by die studente. Ek sal probeer om ‘n video wat ek die aand geneem het hier te plaas. Die fotonemery is eintlik ‘n verskoning om uit te sit en te rus. Die gerondspringery is uitputtend.

 

 

Natuurlik kom alle goeie dinge ook tot ‘n einde. Maar daar was die Sondagoggend nog een baie spesiale geleentheid:

Nagmaal met 140 veeartse en studente. Die konneksie tussen werk en geloof.

Dan maar weer die lang pad huis toe aanpak. Hier is ons twee weke later, en die spesiale oomblike leef voort in die onthou.

 

Na die naweek wonder ek toe hoekom my elmboge en kniege so pyn!

 

*Kliek op die skakels