Speshul vir Modderkoekie….

Advertisements

The Eden Project

So ‘n paar weke terug het ons tydens die laaste snikke van die laatsomer gou vir ‘n week afgegaan Cornwall toe. Op pad terug stop ons vir ‘n paar uur by die Eden Projek. Dit is eintlik die moeite werd om heelwat langer daar deur te bring. Hierdie plek is opgerig in ‘n uitgewerkte klei-myn waarvan daar heelwat in Cornwall is. Die koepels van glas, plastiek en staal is van die grootste glashuise in die wêreld en huisves plante van oral oor die aardbol. Op die koudste dag van die jaar kan jy met ‘n t-hemp loop in die tropiese “bioom” (dis wat hierdie koepels genoem word). Die mediterreense bioom het onder ander Suid-Afrikaanse plante in. Dan is daar nog baie plante buite ook van koeler klimate. Die projek is ‘n inspirasie, en word vir navorsing en opvoeding gebruik. As jy ooit hier ‘n draai gooi is die Eden Projek beslis ‘n besoek werd.

Ek beveel aan dat jy die wiki artikel hier gaan lees. Dit beskryf dit soveel beter as wat ek ooit kan doen.

http://picasaweb.google.com/s/c/bin/slideshow.swf

The Old Cross, Chichester

Vandag na kerk voel die gidivetters nie lus vir huis toe gaan nie, en die idee van kook staan mev G ook nie aan nie. Dus eindig ons in Chichester. So ‘n gemoedelike reëntjie sif neer, niks wind nie, nie te koud nie, net so dat jy voel jy’t nodig om eerder binne te wees waar dit lekker droog en warm is. Glip toe in by “The Old Cross”, ‘n pub waar ons nog nie vantevore was nie. Die gebou is blykbaar hier in die 1500s gebou, sommer so naby aan die middestad. Ok as ek sê “stad”, sien in jou geestesoog “groot dorp”. Chichester is pragtig, beslis ‘n besoek werd as jy ‘n paar dae in West Sussex spandeer.

Binne is dit ook netjies. Mens kan sien dis nuut oorgedoen, maar baie smaakvol. In die gees van nuwe dinge probeer bestel ek ‘n “Old Speckled Hen”  (jy moet oor 18 wees om hierdie website te besoek want dis oor alkohol…) en die drywer drink sappies. Ons is nie lus vir Sunday Roast nie (vir “nie lus” vervang dit met “te armgat”) en bestel sommer tradisionele “pub grub” naamlik “steak and ale pie with chips and peas”. Niks om oor huis toe te skryf nie, maar dit was baie vullend. Terselfdertyd is die F1 Grand Prix finaal op die skerm doer oorkant en moet Gidivet eers verbystap op pad badkamer toe om darem te sien wie wen.

Ok, dan maar kom by die punt. Maak “The Old Cross” my lys van “hier wil ek weer inloer en dalk iets anders probeer” pubs?

Ja tog. Daar is ‘n lekker atmosfeer, rustig sonder blêrende musiek, (soet) kinders is welkom en die kos is nie te duur nie.

En Old Speckled Hen? Ook nie te sleg nie.

Lekker week vir julle almal.

From 20101114 Chi The Old Cross

Bognor Regis vanoggend

Die rit werk toe neem my gewoonlik tussen 20 en 30 minute. Gisteraand het dit egter hard en aanhoudend begin reën. Ons dorp is natuurlik ook op ‘n vloedvlakte gebou. Geen wonder dit het my omtrent ‘n uur en ‘n half geneem om dieselfde roete te ry nie. Dit was chaos, en die brandweer moes hier en daar water uit mense se huise pomp. Terwyl ek so in ‘n plas water sit het ek gou die selfoon gebruik en ‘n paar foto’s geneem. Die water lek-lek so aan die drumpels van die winkels en aan die onderkante van die karre se deure. Ons gebied is so dig bewoon dat ‘n bietjie reën, of erger nog, ‘n paar duim sneeu, die hele infrastruktuur tot stilstand bring.

From 20101109 Bognor Flood
From 20101109 Bognor Flood
From 20101109 Bognor Flood
From 20101109 Bognor Flood