Gidivet se ark

In April het ek in “Van huis tot huis” vertel van die bouprojek hier by ons huis. Intussen is amper elke kamer oorgepleister insluitende die plafonne, en ‘n nuwe “wet room”, badkamer, kombuis en sonkamer geskep. Hier noem hulle dit ‘n “conservatory” en dit is ‘n goeie manier om bietjie ekstra leefspasie en lig in ‘n huis te skep. Nou is ons by die laaste fase, naamlik afronding. Daar is nog baie werk, maar swaer Jannie het spesiaal uit Suid-Afrika kom kuier om te help. Hy het die kombuis ge├»nstalleer en is tans besig om die dek buite te bou. En dis nou waar die ark ding vandaan kom. Soos die houtplanke op hulle plekke vasgeskroef word begin die agterkant van die huis al hoe meer soos ‘n skip te lyk. Kyk self:

 

Lean-to

Ons het hierdie “lean-to” en sementsteenstoorkamertjie in April afgebreek

 

Nuwe sonkamer word gebou

Nuwe sonkamer word gebou

 

Die ark in aanbou

Die ark in aanbou

 

Swaer Jannie

“Noag se handlanger” swaer Jannie

 

Nou kort ons nog net die volgende:

Stuurwiel

en

 

Roer

Moenie die mishoring vergeet nie: kliek op die video en draai jou klank hoog!

Advertisements

Nuwe soort Ark

One day, sometime after the Flood, as Noah was quietly tending his fields, he heard a Voice from Above.

“Noah,” the Voice said, “I want you to build me another Ark.”

“OK,” said Noah. “What size should it be?”

“This time,” said the Voice, “I want twenty-two storeys. And when you’ve finished, I don’t want any of those elephants and giraffes. I want you to fill the Ark with water and then just have fish.”

“Fish!” said Noah. “Are you sure?”

“Yes,” said the Voice. “In fact, I don’t want any sort of fish. I just want carp.”

“You want an Ark with twenty-two storeys filled with carp?” said Noah. “Why do you want that?”

“Well,” said the Voice, “I just fancied a multi-storey carp Ark.”

Sirkus

Elke jaar is hulle hier. Die Chinese State Circus is ‘n groep akrobate met ‘n baie goed georganiseerde vertoning. Nog nooit het ons die moeite gedoen om hulle te gaan sien nie, tot vanjaar. Hierdie keer het ons terloops kaartjies gewen in ‘n “raffle”, en besluit om die kinders te trakteer. Soos jy aangestap kom deur die park ontvou ‘n karnaval atmosfeer. Helderkleurige vlae wapper, vragmotors met rye deurtjies en vensters in netjiese rye geparkeer, skares mense wat in die vroegskemer nog vir oulaas buite rondmaal. Ons, soos gewoonlik laat, gryp ‘n voorraad springmielies en spookasem in die verbydraf, op met die donker gangetjie tot by die arena, links en op met nog ‘n ry trappies tot amper heel bo teen die tent se agterste muur. Die reuk van gras onder ‘n seildak is nog steeds daar, vrolike sirkusmusiek met ‘n Chinese toing-toing klankbaan vermeng bring die afwagting tot ‘n nuwe vlak. “Ma ek kan nie sien nie….daars ‘n pilaar voor.” Ons skud reg tot almal gelukkig is.

Die “Monkey King” is die ekwivalent van die Sirkus Meester. Hy “lip sync” nou wel sy woorde met ‘n aardige kopskuddende styl, maar is tog rats soos ‘n regte apie.

“Don’t try this at home. The artists are highly trained professionals.”

Swaaiende pale, borde op stokke, kontorsioniste, Wu Shu Warriors, leeudans (nie dieselfde as leeuloop nie).

POUSE (hamburgers, 7-up, toue by die toilette, ‘n kind wat met ‘n leë spookasememmer sokker speel).

Meisies op fietse gebalanseer, nog martial arts, gimnaste wat deur hoepels duik, “sensual silks”, Olimpiese sterre. Klaar.

Daar’s nie diere nie, geen saagsels op die grond, geen olifantmis in die ring. Geen leeus, dansende bere of poedelhonde nie. En tog sit my twee wêreldwyse rekenaar-gheeks met  hulle oë vasgenael op die skouspel voor hulle. Daar is niks soos die ware Jakob nie.

 

 

Tegnikus

In my eerste jaar op universiteit was Chemie ‘n verpligte vak. Chemie 1B. Net so was daar Fisika, Plantkunde, Dierkunde en Anatomie, en dies meer. Anatomie was die enigste vak wat vir my as veeartsstudent sin gemaak het. Al die ander moes ons maar doen as grondlegging vir die kursus. Nou weet jy hoe ‘n student se kop werk. As jy iets moet doen, sommer net oorlat jy móét, dan wil jy nie eintlik nie. Dan doen jy net genoeg om darem deur te kom. In my geval was Chemie ‘n bietjie anders. Ons het ‘n dosent gehad wat die vak lewendig en interessant gemaak het. Hy was ook meermale bereid om meer tyd oor naweke aan ons klomp af te staan om vir die eksamens voor te berei. Hy het respek afgedwing. Maar dan het hy ons ook gereeld ‘n bietjie gespot. Ek onthou nou nog uitlatings soos: “When you lot want to have musk, you have to organise an expedition to go hunt the musk ox, but we chemists prepare it at the bench.”

Een ding sal my altyd bybly: “Syringe mechanics, that’s what you are. We chemists are the pure/real scientists.” Nou ja, mens kan nie eintlik met so iets stry nie. Ons is allesbehalwe suiwer. In ons eie pidgin Latyn het ons mekaar gereeld herinner: “Manus sempre in excreta.” Deesdae voel dit my dis nie net meer my hand diep in die uitwerpsel nie. Dis sommer ek self, pens en pootjies in die “diep doe-doe”.

My studies het my nie voorberei om ‘n besigheid te bestuur, of mense se werkgewer te wees nie. Ek ken my ambag. Kan ‘n inspuitnaald en skalpel hanteer. Kan selfs kliënte gelukkig hou. Ek praat Engels en Afrikaans vlot, en dan het ek ook ‘n redelike begrip, en ken ‘n paar woorde in Chihuahua, Siamees en Labrador, onder andere. My hele loopbaan trek ek ‘n salaris. Nou moet ek my eie potjie krap. Praat my kollegas van my as hulle baas. Weg is die gemaklike gemeensaamheid van mede-werknemer. Dis nogal ‘n aanpassing om ook jou oog op daaglikse omsette, voetvalle en nuwe registrasies te hou.

Wat maak ‘n mens as jy skielik alles moet doen wat jy vantevore gedoen het, en dan nog twee nuwe rolle moet vervul? Jy werk langer ure. Jy dink dis ‘n grap as jy 9-uur in die aand huis toe gaan en die winkelbestuurder sê: “I see you’re taking a half day today.” Uiteindelik moet iets breek. Gelukkig is daar baie ondersteuning in die organisasie waarvan ek ‘n deel geword het. Ervare bestuurders wat die pad al geloop het.

Onlangs skuif ek toe na ons nuwe tak. Hier is ‘n lekker uitdaging. Daar is wel ‘n padkaart en ‘n plan van aksie. Maar daar is nie uitgetrapte voetpaadjies nie. Nou die dag kom ek op hierdie wyse woorde af op die ZDNet Techrepublic blogs:

“Do everyone a favour and take a few days off”

Klink na ‘n plan. Ek het al bietjie vergeet wat dit is om regtig af te skakel. Maar ek is bereid om te leer.

Kat-a-strofe

Een van my diereverpleesters het weens haar slim Bengaalse kat die koerante gehaal. Watson is blykbaar van die begin af baie nuuskierig en gefassineerd deur die telefoon. Onlangs moes sy inderhaas huis toe gaan toe ‘n vriend haar waarsku dat die Polisie haar huis se deur oopgebreek het. Blykbaar het hulle ‘n “woordelose” noodoproep vanuit die huis ontvang, en toe hulle gaan ondersoek instel sien hulle ‘n gebreekte lamp deur die venster. Die telefoon was steeds beset en hulle het die ergste gevrees. Binne in die huis kry hulle die foon van die mikkie af en….’n kat.

Blykbaar kan Watson deure oopmaak en ligte aansit. Nou het hy ‘n nuwe toertjie geleer. En Lauren moet die foon uit die muurprop trek as sy werk toe gaan.

Lees die artikel hier