Gidivet se ark

In April het ek in “Van huis tot huis” vertel van die bouprojek hier by ons huis. Intussen is amper elke kamer oorgepleister insluitende die plafonne, en ‘n nuwe “wet room”, badkamer, kombuis en sonkamer geskep. Hier noem hulle dit ‘n “conservatory” en dit is ‘n goeie manier om bietjie ekstra leefspasie en lig in ‘n huis te skep. Nou is ons by die laaste fase, naamlik afronding. Daar is nog baie werk, maar swaer Jannie het spesiaal uit Suid-Afrika kom kuier om te help. Hy het die kombuis geïnstalleer en is tans besig om die dek buite te bou. En dis nou waar die ark ding vandaan kom. Soos die houtplanke op hulle plekke vasgeskroef word begin die agterkant van die huis al hoe meer soos ‘n skip te lyk. Kyk self:

 

Lean-to

Ons het hierdie “lean-to” en sementsteenstoorkamertjie in April afgebreek

 

Nuwe sonkamer word gebou

Nuwe sonkamer word gebou

 

Die ark in aanbou

Die ark in aanbou

 

Swaer Jannie

“Noag se handlanger” swaer Jannie

 

Nou kort ons nog net die volgende:

Stuurwiel

en

 

Roer

Moenie die mishoring vergeet nie: kliek op die video en draai jou klank hoog!

27 thoughts on “Gidivet se ark

  1. Gidivet, my blogding werk steeds nie en dis great dat ek jou nou opgespoor het. Die navigasie na die ark het seker die ding gedoen. Groetnis

  2. Ai mensig, nou wanneer meen jy gaan julle uitvaar? Hoe lyk die weervoorspelling. Moenie ‘n reuse sambreel vergeet nie, want maybe kom join ek julle.

  3. Hallo Anti – hier voorspel hulle sonskyn vir die volgende paar dae. Die sambreel sal handig wees vir die son.

  4. Dankie. Vandag is die trappies ook bygesit. Ek sal later nog foto’s neem. ‘n Mens kan ook die dek as ‘n verhoog gebruik vir ‘n konsert. Dinge kan net interessant word.

  5. En wat ‘n beter naam as die Ark vir die huis van ‘n man wat SO lief is vir diere. Dit lyk of julle lekker spasie bygekry het ….plaas asb. nog foto’s soos dit aangaan. Ek wil veral sien as julle ‘launch’. O ja, en jy het die anker vergeet!

  6. Joanna, dankie vir die kompliment. Ek sal skryf sodra ek aan iets kan dink. Op die oomblik is dit werk, elke dag. Maar hiep-hiep: ek het my eie raad gevolg en twee weke vakansie geboek. Van Vrydag af is ek vry! (Wel amper)

  7. Hi daar , noag se handlanger is nou uitgerus en reg vir die week wat voorlê. Geniet die vakansie , jy het dit nodig !!!! Groetnis

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s