Hier’s ek weer

Net so ‘n vinnige woordjie om darem weer by te kom. Ek voel soos Rip van Winkel vanoggend. Nie net oor ek lekker geslaap het nie. Net omdat ek so deur die blogs geblaai het en agtergekom het die lewe het aangegaan vir almal hier en ek was nie by nie.

Synde hierdie eintlik maar net ‘n joernaal is van gebeure by die gidivetters wil ek darem die nuus aanmeld.

1. Daar’s ‘n nuwe veearts by die werk en ek sit vandag by die huis, kwansuis om admin te doen. Na ‘n lang soektog is ons uiteindelik ‘n volwaardige tweeman (twee-persoon?) praktyk.

2. Daar’s ‘n m****e  tent in my sitkamer wat môremiddag iewers in Sussex opgeslaan moet word. Mev Gidi het verseg om ooit weer te gaan kampeer as sy nie ten minste die helfte van haar huis kan saamvat nie. Gelukkig is daar nog steeds ‘n klein blou tentjie ook in my kas vir wanneer die gesin nie saam gaan nie. Vir die nuwe tent sal ek dalk ‘n klein sleepwaentjie moet gaan koop. Van môre af is ek klaarblyklik met “vakansie” vir ‘n week lank. Ek moet eers die woord in die woordeboek gaan opsoek.

3. Daar’s ‘n lessenaar in ‘n (klein) kantoor (-tjie) met ‘n 23″ skerm vir my netboekie sodat ek die hele Excel spreadsheet kan sien.

Dis hoe dinge is.

O ja, die son skyn al vir ‘n hele paar dae hier en ‘n mens hoef nie ‘n trui aan te trek nie.

John Maxwell skryf: ‘A nursery in Canada displays this sign on its wall: “The best time to plant a tree is twenty-five years ago… The second best time is today.” Plant the tree of self-discipline in your life today.’

Selfdissipline. Ek kan nie eers die woord spel nie…