Nog ‘n storietjie uit die ou dae

My ouers was beide onderwysers, en het in plekke soos Masjonaland, Owamboland en Bophuthatswana onderwys gegee.

My Ma het altyd hierdie enetjie vertel:

Wat is die interpretasie as ‘n kind in jou klas sy hand opsteek en vra: (jy moet probeer om dit foneties uit te spreek)

“Tee-cha-ma-ghot-sa-die?”

Antwoord:

“Meneer mag ek die kamer verlaat?”

of

“Teacher may I go outside?”

Advertisements

Van uitstaande gehalte

Ene vir Maandagoggend:

Winning Nobel prize

A man is driving down a country road, when he spots a farmer standing in the middle of a huge field of grass. He pulls the car over to the side of the road and notices that the farmer is just standing there, doing nothing, looking at nothing.

The man gets out of the car, walks all the way out to the farmer and asks him, “Ah excuse me mister, but what are you doing?”

The farmer replies, “I’m trying to win a Nobel Prize.”

“How?” asks the man, puzzled.

“Well, I heard they give the Nobel Prize . . . to people who are out standing in their field.”

Moet dit altyd sin maak? (Verskoning – dis ‘n bietjie lank…)

Saterdag 17 September 2011

Eerste af dag na Suid-Afrika trippie. Om 06.45 skuif ek reg om die Bokke teen Fiji te sien speel. Daarna sommer ook Ierland teen Australië. Mev Gidi warrel by die deur uit met Hannes en sy trompet in die sleurstroom agterna, op pad na orkesoefening.

Ek maak nog ‘n beker tee en sit terug.

Dan kom die nuus aan: Die liggaam van die 4de vermiste Walliese mynwerker word gevind.

‘n Gemeenskap is in skok.

http://www.bbc.co.uk/news/uk-wales-14955526

In die 21ste eeu is mynongelukke en natuurrampe nog steeds ‘n feit van die lewe. En hier sit ek in my gemakstoel en kyk na mense se rou seer. Dit voel of ek inbreuk maak. Tog kan ek dankie sê. Dankie Here vir my gemakstoel, al staan hy in ‘n halfklaar huis met stof orals. Wat maak dit eintlik saak. Ons is nog almal hier. En my jongste se arms glip nog gereeld om my nek vir ‘n drukkie.

Die gesin warrel in vir middagete. En weer uit om met Ethan se kinderpartytjie te gaan help. Hy word 4 en my oudste (14) is sy hero. Dis eintlik komieklik om die kleuter in my sesvoetjongmankind se arms te sien invlieg.

Stilte.

Dan lui die foon. Andrew wil weet of ek beskikbaar is. “As it happens, I’ve got the afternoon to myself.”

Vriend Andrew is uiteindelik weer op sy voete. Drie weke terug terwyl ek in Suid-Afrika was het hy oudergewoonte op sy motorfiets geklim en ‘n paar Europese lande deurgetoer. Ek dink hierdie keer was dit 21 lande in 21 dae of so iets. Ongelukkig het die Giardia hom platgetrek toe hy iewers water uit ‘n bergstroom gedrink het. Sy ipad het bietjie opgepak, so hy’t nog nie klaar geskryf aan sy reisjoernaal nie. Gaan lees solank hier oor die afgelope trippie:

http://andrewsercombe.wordpress.com/2011/08/06/the-big-trip-week-one/

Natuurlik is ek beskikbaar. Die naweek is dit Goodwood Revival, een van die grootste internasionale saamtrekke op die motorsportkalender. Dit veroorsaak groot verkeersdrukte gedurende die 3 dae wat dit plaasvind, maar in die middel van die dag is daar amper nie ‘n kar op die pad nie as ek koers kry Chichester toe. Parkeer sommer by die Cattle Market. Die mark is aan op ‘n Woensdag en ‘n Saterdag. Deesdae verkoop hulle nie meer beeste nie, maar jy kan nog steeds vleis daar kry. ‘n Lekker kermisatmosfeer heers as ek daar deurdrentel op pad dorp toe. Ek pluk sommer my selfoon uit, die kamera vergete.

Na ‘n koffie by Nero stap ons af tot by die New Park Cinema. Dis ‘n Art House Cinema, waar gereeld films van oor die hele wêreld vertoon word, en ook ‘n jaarlikse filmfees gehou word. Ons kyk Pôtiche (“Trophy Wife”), ‘n Franse film met Deneuve en Depardieu in die hoofrolle. ‘n Baie aangename lighartige fliek. Deneuve beïndruk met haar “comic timing”.

Dan is dit terug tot in Chichester middestad vir ‘n ietsie te eet en die groot gesels. Ons eindig by The Dolpin & Anchor, ‘n Weatherspoon Pub en een van ons gunsteling uithangplekke. Daar is geen lawaaierige musiek nie, en die kos is skaflik en goedkoop. Ons bestel steak.

Daar is baie om op te vang. Ek wy natuurlik uit oor my SA blog- en reünietoer, en Andrew praat oor sy motorfiets toer.

In Bulgarye moes hy sy GS se alternatorbelt laat vervang. Buite Wes-Europa is jy nogal in die moeilikheid as jou BMW motorfiets ‘n meganiese probleem optel. Dis sulke tye dat jy bid, “Here stuur asseblief vir my ‘n engel.” Gelukkig is daar blogs en BMW GS entoesiaste, en binne 20 minute nadat hy gebel het stop daar ‘n motorfiets en die man neem hom na sy besigheid waar hulle die motorfiets uitsorteer. Dit neem twee dae, maar intussen leer hy nog interessante mense ken.

Engele bestaan.

Die lewe is ‘n reis. Dis die moeite werd om van die gebaande weë af te wyk en mense te ontmoet. Dit help ook om te bid, “Here maak my ‘n Engel vir iemand vandag.”

“Old friends pass away, new friends appear. It is just like the days. An old day passes, a new day arrives. The important thing is to make it meaningful: a meaningful friend – or a meaningful day.”
Dalai Lama

Die steaks gaan goed af en die son kom uit op die katedraal se torings buite.

Dan sak ‘n reënbui uit. Andrew vertel hoe hy ‘n klomp jongmense op ‘n plein in Italië raakgeloop het, ver van die huis af en bietjie verlore. Hy is een van daardie mense wat jy nêrens kan heenvat nie. Nie as jy selfbewus is nie. Hy gesels met almal. En hy coach almal. Hierdie jongmense het iets gekry waarvoor hulle nie gebargain het nie, naamlik ‘n stewige inspuiting van selfbeeld.

Hy vertel my opgewonde van sy nuwe iphone app en demonstreer dit. Ek kies die vraag:

What is my most neglected gift?

Mmmmmm….

Ek dink aan nog ‘n Dalai Lama aanhaling wat ek onlangs by ‘n mede-blogger gehoor het (Dankie Annie!):

The Dalai Lama, when asked what surprised him most about humanity, answered

“Man.

Because he sacrifices his health in order to make money.

Then he sacrifices money to recuperate his health.

And then he is so anxious about the future that he does not enjoy the present;

the result being that he does not live in the present or the future;

he lives as if he is never going to die, and then dies having never really lived.”

Buite gloei die katedraal in die spreiligte

Die reën het vir eers gestop, maar die weerkaatsings lê glimmend in die nat straat.

Andrew se motorfiets en my kar staan in ‘n verlate Cattlemarket karpark. Sy helmet se soom is sopnat.

‘n Stadige glimlag sprei oor sy gesig as hy dit op sy kop hys.

Party dae moet ‘n mens ‘n aftrekplekkie soek langs die pad en die reëndruppels hoor val.

‘n Baksteen in Mev Gidi se huis

Toe ons kinders klein was het hulle altyd vir ‘n storie gevra. Hulle gunsteling was Mev Gidi se stories oor die Melkbotteltjie. Hierdie arme botteltjie het vele avonture gehad, totdat mev Gidi dit einde ten laaste nie meer kon uithou nie, toe het die veelberese melkbotteltjie uiteindelik in ‘n bottelbank geëindig en is in duisend stukkies gestamp en gehersirkuleer in allerhande interessante produkte.

Deesdae vind die uitgegroeide lummels hulle eie vermaak, lees selfs so nou en dan self ‘n boek as die internet afgeskakel is.

Maar as hulle nou nog klein was sou die volgende held van vele reise seersekerlik ‘n baksteen in een van Mev Gidi se huise gewees het.

Ons het nog skaars ingetrek dan begin die mure rond te skuiwe. Vanoggend was hier nog nie ‘n deur nie…

Verskoon tog asseblief indien die blog in die volgende paar weke ‘n bietjie stowwerig daar uitsien.

Nou loop ons wyer op afdraaipaadjies

Die reünie het dieper herinneringe losgemaak. Apologie aan Flenters, ek het hom reeds hierdie ene gestuur:

http://youtu.be/3KO3twMR3uA

Bergsteigerchor Kurt Schlosser – Hörst Du das Lied der Berge (La Montanara) 2006
(mit Bildern aus der Sächsischen Schweiz)

Hörst du das Lied der Berge,
der Wälder und Täler.
Hörst du das Echo schallen
tief drunten im Tal.
Hörst Du die Freunde singen
im fröhlichen Kreise
klingt die vertraute Weise
schon viele tausend Mal.

La Montanara ohe
Die Berge, sie grüßen dich
Und durch die grünen Tannen
Bricht silbern das Licht.
La Montanara ohe
Im Klang alter Lieder
Laut hallt das Echo wieder
Nur du hörst es nicht.

La Montanara ohe
Die Berge, sie grüßen dich
Und durch die grünen Tannen
Bricht silbern das Licht.
La Montanara ohe
Im Klang alter Lieder
Laut hallt das Echo wieder
Nur du hörst es nicht.

Hoch in den Bergen da bin ich zuhause
wo zwischen Felsen die Tannen ergrünen
dort wo die silbernen Quellen entspringen
wohnt meine Liebe jahraus und jahrein
Jahraus – Jahrein.

Reünie

Terug by die skool, 30 jaar later:

Terug op die skoolbanke, Wiskundeklas. Dis waaragtig nog dieselfde banke!

Daar was nie ‘n kinderlyn in ons tyd nie:

“Applying the rod of correction to the seat of learning”.

(Die huidige skoolhoof het die rottang spesiaal uit die skoolargief gaan haal.)

Skeinatklas:

Daar was ‘n baie goeie opkoms:

Ons het eintlik nog so baie in gemeen, al is ons letterlik oor die aardbol versprei.

Danksy die moderne media staan ons nou ‘n beter kans om die bande met mekaar sterk te hou.