Gedagte vir die dag

Wel, ek het die dag afgevat. Partykeer mag ‘n mens mos maar.

Ek sit nog heerlik onder die warm duvet met die “lappie” op my skoot en blog.

‘n Lekker koel (let wel nie meer ysig koud nie) luggie spoel deur die oop venster.

Nou dink ek aan daardie ou gediggie wat my pa soms aangehaal het as ons so in Desembervakansies die see sit kyk het:

Van Maandag moet ek Maandag maak
Om Dingsdag an die werk te raak;
Woensdag is ek siek,
Donderdag werk ek nie[t].
Vrijdag is dit Slamse kerk;
Wie die drommel wil dan Saterdag werk?
En Sondag is al weer kerk.

Lekker dag vir julle almal.

Advertisements

Doen weg met die gemoedsbekakking…

Genoeg van al die swaarmoedigheid.

Ek verseker jou daar sal ‘n glimlag op jou bakkies pryk as jy hierdie video enduit kyk.

Humour me!

Collaboration at its best.

En net om doodseker te maak sal ek môre sorg dat die boom en sy tinsel weggebêre word.

Ok ek weet nie almal hou van multitracking nie.

Simpatie.

Miskien ‘n skootjie enkelmout vir jou?

Stil

‘n Mens weet dis ‘n strawwe winter as ‘n windstil 3 grade vir jou na ‘n verbetering voel. Snaaks hoe intens ‘n mens die verskil tussen 0 en 3 kan aanvoel.

Dis stil by die werk ook, maar ‘n mens moet nog steeds oop wees vir noodgevalle. Dinsdagaand het ons oopgebly tot 8-uur en vir die mense “minced pies and mulled wine” (nie-alkoholies) aangebied. Nie baie het opgedaag nie, maar die warm speserygeur deur die winkel het die gemoedere bietjie opgehelder. 

Mense, julle moet die somer en gepaardgaande vakansie geniet.

Sterkte vir die wat moet werk.

Ek sal af wees Kersdag en tweede Kersdag. Hoop om in te loer en bietjie op te vang. Ons beplan om net as ‘n gesin saam te wees vir die paar dae, soos laasjaar.

Geseënde Kersfees vir almal.

Ja, daar’t bietjie sneeu geval

Sneeu is goeie nuus vir die kinders. Om 06.55 tak-tak-tak die selfoon – dis die skool wat SMS dat hulle gesluit is. Dis baie stil buite, die sagte vars sneeu absorbeer alle klank. So ongeveer 20 cm sneeu het oornag geval. Die wasgoeddraad hang vol bolle dons, so asof iemand die wasgoedpennetjies wil insuleer.

From 20101202 Snow

Kiepie is die enigste een wat vandag moet uit, ‘n besigheid wag. Die kar kruip weg onder sy kombersie. Niks lus om vanoggend werk toe te gaan nie. Die meeste mense in die straat bly liewer by die huis, so die rit werk toe is sonder insidente.

From 20101202 Snow

Ons kon maar net sowel gesluit het vandag, almal kanselleer hulle afsprake. Ek stuur die personeel huis toe teen 15:00, sodat hulle voor donker tuis kan wees. Sononder is 16:00.

From 20101202 Snow
From 20101202 Snow

Net betyds tuis om te hoor dat Engeland toe nie gekies is om die sokkerwêreldbeker in 2018 aan te bied nie, maar wel Rusland.

Temperature vandag hier is soortgelyk aan Moskou.

Die kinders en hulle ma was vanoggend af strand toe om ‘n sneeubalgeveg te gaan hou. Sneeu op die strand van alle plekke. Baie ongewoon.

Op pad terug het hulle in Unicorns en Jedi verander.

From 20101202 Snow
From 20101202 Snow
From 20101202 Snow
From 20101202 Snow
From 20101202 Snow