Prinse

   3Verlaßt euch nicht auf Fürsten; sie sind Menschen, die können ja nicht helfen.*

*Luther Bibel 1545, Ps 146:3

Prinse?
Dryfsand sê ek jou.

Advertisements

Wat Barbershop Musiek is

Hier het ek nou ‘n mal perd opgesaal. Vir ongeveer ‘n week luister ek al na Barbershop kore en kwartette. Dit is ‘n spesifieke styl van “close harmony” singing, en het in Amerika onstaan.
Ek gaan hier doelbewus eerder ‘n wikipedia link plaas, omdat dit nie maklik sal wees om dit in Afrikaans te vertaal nie.

Behalwe die close harmony word dit ook gekenmerk deur

1. groot pret
2. die gebruik van liggaamshouding en aksies, gesigsuitdrukkings en emosie om die tema van liedjies te vertolk
3. “ringing chords”

Hierdie derde een is interessant. Die groep oefen om hulle stemme so te laat harmonieer dat ‘n baie aangename en spesifieke akoestiese effek geskep word.

Ek moet beklemtoon dat ek nog altyd musiek slegs as ‘n stokperdjie beoefen, dus kan ek nie in groot detail verduidelik nie. Ek wil baie graag eerder ‘n paar voorbeelde plaas wat die effek baie duidelik demonstreer.

Natuurlik is ek nou besig om te bepaal of ek ‘n plaaslike groep kan gaan hoor, en moontlik by hulle aansluit, as ek die pyp kan rook met die singery.

Weereens hieronder die skakel na

Barbershop music

Vokale Harmonie

As ‘n mens mooi luister na die ander stemme rondom jou kry jy dit reg om vokale harmonie te skep. As jy nie lekker luister nie is daar v…(niks)…ol harmonie nie. Dit geld natuurlik vir die samelewing as ‘n geheel. Maar veral vir musiek. Met min geld en baie verbeelding kan mens nogal ver kom, net waar jy wil op die die wêreldwye web.

My keuses is baie persoonlik. Jy kan maar jou eie lysies maak en jou eie i-pod volmaak daarmee.

Geniet dit!