Kaartjies gekoop

Nou ja, die trippie Suid-Afrika lyk nou baie meer waarskynlik – ek het my vliegtuigkaartjies vandag gekoop. Behalwe nou die reunie op Malmesbury moet daar heelwat ingepas word in 2 kort weke aan die einde van Augustus. Ek wil baie graag ‘n ryding huur, leen, bedel of opkommandeer (of dalk “regstellend opeis”) en ‘n paar draaie gaan ry. 

Wie weet, dalk ‘n draai of wat in die Sederberge, Weskaap, Karoo, Bloemfontein, en Pretoria.

Ag skiestog, ek het van die lang afstande en die min dae vergeet. Moet nog hier en daar familie ook besoek.

Maar mens kan darem seker tog droom van ‘n MOB of twee?