Kaartjies gekoop

Nou ja, die trippie Suid-Afrika lyk nou baie meer waarskynlik – ek het my vliegtuigkaartjies vandag gekoop. Behalwe nou die reunie op Malmesbury moet daar heelwat ingepas word in 2 kort weke aan die einde van Augustus. Ek wil baie graag ‘n ryding huur, leen, bedel of opkommandeer (of dalk “regstellend opeis”) en ‘n paar draaie gaan ry. 

Wie weet, dalk ‘n draai of wat in die Sederberge, Weskaap, Karoo, Bloemfontein, en Pretoria.

Ag skiestog, ek het van die lang afstande en die min dae vergeet. Moet nog hier en daar familie ook besoek.

Maar mens kan darem seker tog droom van ‘n MOB of twee?

Advertisements

30 thoughts on “Kaartjies gekoop

  1. Geniet dit…was selfs nou vir 5 weke daarso…het maar met ‘n swaar hart op die errie geklim gister.

  2. Geniet dit…was selfs nou vir 5 weke daarso…het maar met ‘n swaar hart op die errie geklim gister.

  3. Hallo Geitjie. Ja dit was nog altyd ‘n uitdaging om almal in te pas. Die beste plan was nog altyd om vir almal te se waar ek gaan wees en dan kom kuier hulle saam-saam. Het al opgegee om te veel rond te ry. Maar hierdie keer wil ek juis bietjie ry en plekke sien. En dalk ‘n paar bloggers.

  4. Hoera! Ek wil nou nie die Britse somer omwens voor dit begin nie, maar my voete jeuk al om op die vliegtuig te klim. Maar eers is dit Vienna in Junie vir die katkonferensie.

  5. :-)Ek was lanklaas hier by jou! Vang gou vinnig so ‘n bietjie op…is amper al tyd vir jou kuiertjie!

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s