Geniet dit terwyl jy kan

Ons bly nou wel op die oomblik in ‘n kasarm, maar die omgewing is pragtig. Ek het reeds die strand geblog. Dis ongeveer 5 minute se stap hiervandaan. Ons is net ver genoeg agter die huise om die fris seewindjie vry te spring. Die locals noem dit “bracing”, en die meeste van hulle hou daarvan. Ek bly egter maar koulik.

Vanoggend toe die werksmense in alle erns begin hamer en saag aan die pype is ek en mev G hier uit om langs die see te gaan stap. Dis bietjie koel en betrokke vanoggend. Reën is net ‘n asemteug ver. Die seeluggie is besónder fris vandag en ons swenk in by The Lobster Pot Café. Dis sommer so ‘n ou lae langwerpige geboutjie, maar mens kan die see sien, selfs van binne af. Die vars lug maak ‘n mens behoorlik honger en ons bestel vis en tjips. Cod nogal. Cod is deesdae baie skaars in ons viswaters en baie duur.

Deesdae met die nuwe veeartse is ons gelukkig weer terug op ‘n normale rooster. Wat ‘n heerlike voorreg om weer nou en dan ‘n oggend of middag af te hê en tyd met mev G te spandeer.
Gedagtig aan Flentergat se maaltyd plaas ek foto’s. Het net vergeet om my bord af te neem.

Kliek op die skuifievertoning om groter weergawes van die foto’s te sien.

http://picasaweb.google.co.uk/s/c/bin/slideshow.swf

Advertisements

Nuwe boiler – met apologie

Hierdie is een van die goeters wat meeste mense dalk nie sal
interesseer nie, so ek sal nie omgee as jy verbyblaai nie. Ek beoog om
foto’s te neem van die proses en dit hier te plaas oor die volgende
paar dae.

In VSA is dit ‘n “furnace”. Hier is dit ‘n “boiler”. In RSA is dit seker ‘n “geyser”.  Maankind sê die Afrikaans is “geiser”.

Die Engelse huise het oor die algemeen ‘n toevoer van gas, via pype onder die strate. Op meer afgeleë plekke werk die verhitting met olie uit ‘n tenk, of elektrisiteit.  Natuurlike gas is ‘n mengsel, maar na suiwering bestaan die gas amper uitsluitlik uit metaan. Die warm water en verhitting word voorsien deur ‘n boiler. Die oorgrote meerderheid huise het radiators in elke vertrek waardeur warm water vloei. Sommige huise word verhit deur warm lug wat deur pype in elke vertrek ingepomp word. Dit is algemeen in die VSA. Moderne stelsels is gebaseer op ‘n baie energiebesparende “condensing boiler“, wat verseker dat so min as moontlik hitte deur die skoorsteen ontsnap.

http://picasaweb.google.co.uk/s/c/bin/slideshow.swf

Van huis tot huis

Ek wou nog altyd net in ‘n lekker huis gaan bly het, met die klem op BLY. Trekvoëls is ons ongelukkig nou maar. Ek ken al die tekens, en vanaand is die aand. Ons bly al weer amper 18 maande in hierdie kasarm van ‘n bungalow, wat eintlik gelyk gemaak met die aarde en oorgebou moet word. Die hele week is mevrou gidivet al besig om muurpapier af te stroop, en elke aand as ek by die huis kom lyk dit meer na ‘n episode van 60 Minute Makeover. Hier is strepe ambagsmanne wat een vir een hulle aanloop neem vir kwotasies. En jy weet hier kom ‘n ding as hulle die voorkop so op ‘n plooi trek, die hand onder die ken gestut, en die lug so stadig deur die voortanne insuig terwyl hulle na die krake in die mure kyk. Hier kom ‘n ding met £££-tekens voor en nulletjies agter.

Môre kom die “boilerman” om die ou “backboiler” uit die sitkamerkaggel te ruk, en ‘n splinternuwe supergroen “condensing boiler” te installeer, in die dakspasie nogal. Ons gaan ‘n heerlike warm huis hê, in die somer. Dus moet daar vroeg opgestaan word vir die seremoniële laaste bad met die ou boiler. Dit nou op my af dag, waarop ek eintlik laat wou slaap.

En hiervandaan is dit net afdraand. Stof, stukkies pleister in die Weetabix. My arme rekenaars kreun saam.

Natuurlik pluk ons die vrugte hiervan. ‘n Maand of drie later is die huis pragtig reggemaak en ‘n mens kan nou net terugsit om die nuwe leefspasie te geniet. Ongelukkig nie te lank nie, want die verkoopbordjie sal reeds langs die splinternuwe oprit staangemaak wees.

Mevrou gidivet is versot op huise, hoe vuiler en “afvalliger” hoe beter. Sy verrig wondere met die goed. Haar man is ‘n dier van ‘n ander kleur. Soek bietjie stabiliteit.

Dus, my bloggervriende (julle is mos né?), as daar oor ‘n paar dae ‘n stowwerige vent met ‘n gehawende kartonkoffertjie op jou voordeurklokkie lê, moenie jou honde gaan roep nie.  Ek kom bly net vir ‘n paar dae.

Ek belowe. Net tot die stof gaan lê het.

Hierdie is die vorige projek in 2006

Blues

Vir Flenters en enige iemand anders wat in die mood is:

SONG SUNG BLUE

Written by Neil Diamond

Song sung blue
Everybody knows one
Song sung blue
Every garden grows one

Me and you are subject to the blues now and then
But when you take the blues and make a song
You sing them out again
Sing them out again

Song sung blue
Weeping like a willow
Song sung blue
Sleeping on my pillow

Funny thing, but you can sing it with a cry in your voice
And before you know, start to feeling good
You simply got no choice

Song sung blue
Everybody knows one
Song sung blue
Every garden grows one

1972 Prophet Music, Inc. (ASCAP)

Gebeur dit nou nog?

Ek wonder of studente nog steeds wegglip uit klasse uit, of glad nie opdaag nie. So teenstrydig met die definisie van student wees…..(LOL). Dit het nogal baie in my tyd op Tukkies gebeur.

Ek onthou dat ons klas geloop het in ‘n ouditorium sonder vensters. Vir een of ander rede het die ligte soms uitgegaan. In vandag se tyd sal ek dit verstaan, maar in die tagtigerjare was die kragtoevoer immers heel betroubaar. So ‘n lastige duiweltjie op my linkerskouer wil my wysmaak dat studente dalk verantwoordelik was vir die “kragonderbrekings”.

Nietemin moet jy studente hulle vindingrykheid gelykgee. Wanneer die ligte uitgaan halfpad deur ‘n vervelige lesing het baie van my makkers die geleentheid gebruik om te laat spaander. Ongelukkig was daar nie agterdeure in die saal nie. Dus moes jy stil-stil by die dosent se podium verbysluip.

Eendag gaan die ligte weer af en ek kan hoor hoe iemand se tekkies hier by my verbysuiker. Ongelukkig vir hom gaan die ligte aan toe hy reg by die dosent se tafel verbyloop. ‘n Verwarde uitdrukking op sy gesig word binne ‘n breukdeul van ‘n sekonde vervang deur ‘n verleë glimlag:

“Blok myself!”

Ek meen selfs die dosent kon nie sy pose gehou het nie.

Verdi Requiem

Hier word ek vanoggend wakker met ‘n lenteverkoue. Buite skyn die son, maar die windjie pluk astrant aan my klere. Natuurlik is daar net een raad vir “Man Flu”: kom terug in die huis in, neem ‘n kopseerpil, wikkel warm toe en ry die internetgolf. Ek wou nog altyd uitvind of my gunsteling Verdi Requiem opname deur Robert Shaw met die Atlanta Simfonie orkes/koor op Youtube beskikbaar is. Ja dit is wel daar, ongelukkig slegs uittreksels uit die klankopname, waaroor ek reeds beskik. Ek het my eie cds al voos geluister. Oor hierdie opname skryf Dominic Grant as volg: “You might think I’m just engaging in hyperbole there,but let me warn
you now that Telarc are not kidding when they remark on the wide
dynamic range of their recording,and should you be so unwise as to
crank up the volume too far during the beautiful “Introit” and
“Kyrie”,then you will be left surrounded by the ruins of your house
once THE most astonishingly explosive detonations on the bass drum in
the “Dies irae” have done with you !”
  Daar is min dinge wat kom by hierdie musiek op ‘n goeie klankstelsel. Met die uitsondering van die lewendige konsert natuurlik.

In my soeke kom ek af op interessante videos, byvoorbeeld hierdie een deur UC Davis Simfonie orkes en die universiteitskoor met Jeffrey Thomas, ‘n volledige opname. Klim met ‘n laptop in die bed, trek die komberse op tot onder die ken en prop die oorfone in. Ek sou nie sê dis een wat ek wil koop nie, maar dis lekker om dit heeltemal deur te luister, met die musiekboek in die een hand. Onder andere kom ek ook af op die jeugdige tenoor Luciano Pavarotti saam met bas Nicolai Ghiaurov in ‘n video uit 1967. Beide openbaar fantastiese sensitiwiteit en toonkleur. Net jammer oor die swak kamerawerk: ‘n mens sien meer van die katedraal as die soliste.

Vandag kies ek egter die volgende weergawe met Herbert von Karajan, die Weense Filharmoniese Orkes, soliste Anna Tomowa-Sintow, Agnes Baltsa, José
Carreras en José Van Dam
. Ek dink die orkes is puik, die kamerawerk uit die boonste rakke, en die “Tuba mirum” en “Mors stupebit” ‘n persoonlike gunsteling. As jy wil kan jy verder gaan en ander dele van dieselfde wonderlike opname op Youtube gaan haal.

Tuba mirum spargens sonum
per sepulchra
regionum,
coget omnes ante thronum.

A trumpet sounding an astonishing sound
through
the tombs of the region
drives all (men) before the throne.

Mors stupebit et natura,
cum resurget
creatura,
judicanti responsura.

Death will be stunned and (so) will
Nature,
when arises (man) the creature
responding to the One
judging.