The Eden Project

So ‘n paar weke terug het ons tydens die laaste snikke van die laatsomer gou vir ‘n week afgegaan Cornwall toe. Op pad terug stop ons vir ‘n paar uur by die Eden Projek. Dit is eintlik die moeite werd om heelwat langer daar deur te bring. Hierdie plek is opgerig in ‘n uitgewerkte klei-myn waarvan daar heelwat in Cornwall is. Die koepels van glas, plastiek en staal is van die grootste glashuise in die wêreld en huisves plante van oral oor die aardbol. Op die koudste dag van die jaar kan jy met ‘n t-hemp loop in die tropiese “bioom” (dis wat hierdie koepels genoem word). Die mediterreense bioom het onder ander Suid-Afrikaanse plante in. Dan is daar nog baie plante buite ook van koeler klimate. Die projek is ‘n inspirasie, en word vir navorsing en opvoeding gebruik. As jy ooit hier ‘n draai gooi is die Eden Projek beslis ‘n besoek werd.

Ek beveel aan dat jy die wiki artikel hier gaan lees. Dit beskryf dit soveel beter as wat ek ooit kan doen.

http://picasaweb.google.com/s/c/bin/slideshow.swf

13 thoughts on “The Eden Project

  1. Dis omtrent 5 ure se ry hiervandaan. Lekker dag daar – hoop dis bietjie warmer daar as hier op die oomblik.

  2. My lense het toegestoom in die tropiese gedeelte, anders was daar bietjie meer om te sien. In die mediterreense deel was ‘n “robin” voëltjie wat amper op jou skoot kom sit het vir ‘n stukkie brood.

Leave a reply to Joanna Graham Cancel reply