Braai ten alle koste?

Ons is so pas terug van die SA Gemeente Dankfees naby Tonbridge. Ek was nie eers bewus van die byeenkoms nie, tot ‘n mede-blogger my uitgenooi het. Die ou bloggers sal weet wie die man is, wat by wyse van spreke eerder sy tabak kou. Ons het deur die jare slegs enkele van hierdie dae bygewoon, miskien omdat ons nie so nou inskakel by die SA Gemeente nie. Baie mense kampeer daar vir die hele naweek; ek en die seuns het net deurgery vir die dag.

Daar was darem een ander gesin wat ons ken, anders was ons totale vreemdelinge in Jerusalem. Die stalletjies is amper deur die bank bedryf deur plaaslike Suid-Afrikaanse besighede, met net ‘n paar van die meer tradisionele “bazaar” aktiwiteite, byvoorbeeld ‘n teetuin met tuisgebak.

Die seuns het vandag kans gekry om vir die eerste keer met ‘n regte windbuks en pyl-en-boog te skiet. As ek terug dink het ek op hulle ouderdom al met ‘n .22 gejag en as my pa saam was, met sy 303 geskiet. My eie windbuks was sommer ‘n goedkoop een wat ek vir R19 by die groothandelaar op Oshakati gekoop het, met my eie sakgeld. Dit was maar ‘n pieperige dingetjie, maar ons het baie lekker skyfgeskiet daarmee.

“Uh, ok, hoe hou ek nou weer hierdie ding vas?”

 

Ongelukkig is alle ingevoerde produkte ekstra duur, en selfs die plaaslik gemaakte biltong en droewors staan ook nie terug nie.

Ons het sooooo die wereld sit kyk en gefilosofeer oor ‘n koppie kitskoffie. Daar is byvoorbeeld baie minder Suid-Afrikaners hier as in die dae toe derduisende jongmense nog ingestroom het met hulle vakansie-werk visums. Griekeland se ekonomie het ook ter sprake gekom, en die toekoms van die Verenigde Koninkryk, indien hulle sou besluit om uit die Europese Unie te tree. Malligheid.

Dan laat ek julle met die vraag: hoe graag braai jy, en wat is jy bereid om te betaal vir ‘n tjoppie op regte mopanie-hout? Ek het die volgende foto by een van die stalletjies geneem:

Wat dink jy?

Advertisements

31 thoughts on “Braai ten alle koste?

  1. Teen wat die Rand werd is kan mens nie eers die vuurhoutjies bekostig of die koerant om die vuurtjie begin laat staan nog Blitz, hout of vleis!
    Bly julle het lekker gekuier

  2. Die houtverkoper kan goed Afrikaans spel. En die boogskietfoto is mooi, dit laat my aan Robin Hood dink.

    1. @frandr ek neem aan die houtverkoper is Afrikaans, maar mens kan seker nie korrekte spelling as vanselfsprekend aanvaar nie. Dankie vir die kompliment.

  3. Eina daai pryse! Een van my gemeente se dominees het pas ‘n beroep na die SA gemeente aanvaar en het reeds daar geland.

    1. @twaksak dag, jammer ek’s so skaars hier. Ek is by ‘n Engelse gemeente ingeskakel hier, dus nie so bekend met die SA gemeente se dag tot dag sake nie. Ek hoop die dominee gaan hier gelukkig wees.

  4. Die jaar wat ons in Belgie was, was ons ook slag by byeenkoms vir Suid- afrikaners. Met my terugkom in SA ontmoet ek ‘n vrou wie se niggie ek by een so byeenkoms ontmoet het.
    Die kerk waarby ons ingeskakel het was internasionaal – wonderlik gewees.
    Seun in Londen se duitse vriendin wil ongelukkig nie veel weet van SA byeenkomste nie 😦

  5. Donner maar daai hout is duur

    Dit klink lekker…of julle heerlik gekuier het

    Ja Pruim is skaars deesdae

  6. Dis maar goed die hout is so duur,want as daar ‘n mark daarvoor ontstaan,gaan ons reeds bedreigde bosveldbome ‘n verdere knou kry!

  7. Sjoe, hier kom ek ook nou mosterd na die maal aan! Ja-nee, daai hout is duur. Kan jy glo dat mense dit waarlik invoer om daarmee te kan braai? Ja, in Australie sal hulle dit nie deur die doane laat gaan nie! Dit klink of julle lekker gekuier het. Een van die dae kuier julle hier! Dalk in die Kriebosskerm.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s