10 thoughts on “Die dag toe die Olimpiese vlam naby my huis verby gekom het.

  1. Dis die ding met die lewe – ure, soms weke en maande so voorbereiding en antisipasie en dan is dit soos spookasem, so vinnig verby. Maar op die ou einde kan ‘n mens wel sê: Ek was daar, ek het gesien!

    1. Juis. Ons het probeer om kaartjies vir die stadion te kry, maar te vergeefs. Gelukkig goeie tv dekking.

  2. More Gidi, og ja dit was darem groot opgewondenheid gewees in alle windrigtings hier as die vlam verbykom. Modderman was gelukkig genoeg om 3 dae bytewoon van die Spele, maar hy het behoorlik gelê op daardie website waar mens die kaartjies moes koop vir beskikbaarheid.
    (Nou net gewonder of julle al by die volgende was: http://blogs.litnet.co.za/modderkoekie/2012/10/28/die-battle-of-britain-memorial-by-capel-le-ferne/, wonder bo wonder was dit so ‘n helder herfs dag toe ons b.g besoek het met ons gaste asook die kasteel en die cliffs self.)

    1. Dag Modderkoekie. Nee was nog nie daar nie. Hier by ons is http://www.tangmere-museum.org.uk/
      Tangmere was ook ‘n Battle of Britain airfield.

      Ja ek is bly die reën het weggebly tydens die Olimpiese spele. Ons het ‘n besige tyd gehad by die werk, so ek het maar opgegee om die Spele by te woon.

  3. koningin elizabeth het Suid-Afrika in 1994 of 1995 besoek toe het die skool waar ons jongste in was so wag erewag gevorm langs die pad.
    Hy was nie juis beïndruk nie en het ook vertel dat dit net ‘n vlietende oomblik was wat hy net die kar waarin sy was, gesien het

Leave a reply to gidivet Cancel reply