Ibuprofen en honde

Net ‘n vinnige inskrywing oor Ibuprofen. Ek gryp net gou die megafoon, indien dit dalk ‘n hond of kat iewers kan help.

Indien jou dier in pyn is wil ‘n mens natuurlik help. En ek weet die meeste mense het dalk al hierdie ene gehoor. Maar mens moet die boodskap uitkry, net ingeval dit jou, of dalk ‘n vriend van jou, ontglip het:

Moet asseblief nie menslike pynstillers vir diere gee nie sonder professionele advies van jou veearts nie. Daar is baie beter en veiliger middels wat spesifiek vir diere geregistreer is.

Gaan lees hier oor die 10 mees algemene navrae by die Britse Veterinary Poisons Information Service:

http://www.vpisuk.co.uk/portal/CommonPoisons/tabid/119/Default.aspx

1) NSAIDS (non-steroidal, anti-inflammatory, analgesic drug)

These most commonly include ibuprofen, diclofenac and carprofen. NSAIDS are commonly available in the UK as an “over-the counter” medication used for pain management. Ibuprofen is particularly poisonous to dogs and can cause vomiting, diarrhoea, gastric ulceration and kidney failure. Approximately 11,502 VPIS enquiries to date*.

Daar is ‘n hele paar ander interessante, maar ook dodelike goed wat ‘n mens nie vir ‘n dier moet gee nie.

Ek neem aan die meeste van ons weet om nie sjokolade vir ‘n hond te gee nie, maar weet jy dat lelies jou kat kan doodmaak, of rosyntjies jou hond?

Hier sit ek nou weer die megafoon neer, dis tyd om by die werk uit te kom.

Groete

Advertisements

13 thoughts on “Ibuprofen en honde

  1. Mens is nooit te oud om te leer… ek het nie geweet van die rosyntjies nie – nie dat ek dit ooit oorweeg het nie
    Dankie

    1. Hallo Tina. Dis eintlik bizarre – party honde kan baie rosyntjies eet sonder ooglopende probeleme en ander word vergiftig deur ‘n paar rosyntjies.

  2. hier in sentraal RSA word ibuprofen aan honde met groot gewrigs artritis geresepteer , dalk is die formulering van die middels se drasubstanse in die pille anders as in die brufenagtige samestellings vir mense ?

    1. Die klem lê op “resepteer”, wat impliseer ‘n veearts of ander kundige doen dit. Daar is baie spesies-spesifieke gelisensëerde middels wat ‘n baie groter veiligheidsgrens het. Dit was in al die jare vir my nog nooit nodig om ibuprofen te gebruik weens gebrek aan ‘n veiliger middel nie. Selfs nie in RSA nie.
      Die eerste groot misrekening wat ‘n eienaar mag doen is om die relatiewe verskil te verontagsaam tussen ‘n mens van byvoorbeeld 70 kg en ‘n hond van 7 kg. Dan is daar tussen-spesies verskille in hoe middels geabsorbeer en verwerk word. ‘n Goeie voorbeeld is Paracetamol, wat as relatief veilig in mense beskou word. In katte is dit baie toksies selfs in klein dosisse. Katte ontbreek die ensiem glucuronyl transferase om paracetamol af te breek, en ontwikkel methemoglobinemie. (my Afr spelling is verroes).

  3. Dankie Gidi, my boerboelteef het ‘hip dysplasia’ en dit nogal kan nogal pynlik raak as sy te veel rondhol saam met haar pel Tippie. Ek sal onthou! Het gelukkig nog nie probeer om dit vir haar te gee nie!!! ‘n Disprin?

    1. In hierdie geval mag ek nie kommentaar lewer nie of ek is in die moeilikheid! Jy moet asseblief persoonlik advies by jou veearts vra, omdat hy jou hond ken en kan ondersoek.

  4. na my 33 jare op Onderstepoort as hoofhoenerhoer en die selfde tyd saam met Izak op medschool as pos-mort dummy , skryf ek WITBLITS vir alle pyne, skete, gebrekke en sielsversteurings voor

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s