‘n Baksteen in Mev Gidi se huis

Toe ons kinders klein was het hulle altyd vir ‘n storie gevra. Hulle gunsteling was Mev Gidi se stories oor die Melkbotteltjie. Hierdie arme botteltjie het vele avonture gehad, totdat mev Gidi dit einde ten laaste nie meer kon uithou nie, toe het die veelberese melkbotteltjie uiteindelik in ‘n bottelbank geëindig en is in duisend stukkies gestamp en gehersirkuleer in allerhande interessante produkte.

Deesdae vind die uitgegroeide lummels hulle eie vermaak, lees selfs so nou en dan self ‘n boek as die internet afgeskakel is.

Maar as hulle nou nog klein was sou die volgende held van vele reise seersekerlik ‘n baksteen in een van Mev Gidi se huise gewees het.

Ons het nog skaars ingetrek dan begin die mure rond te skuiwe. Vanoggend was hier nog nie ‘n deur nie…

Verskoon tog asseblief indien die blog in die volgende paar weke ‘n bietjie stowwerig daar uitsien.

19 thoughts on “‘n Baksteen in Mev Gidi se huis

  1. 🙂 Sterkte met die werkery aan die huis. Dit kan mens mos vreeslik uitgooi. Maar ek admireer julle dat julle die ondernemingsgees het om ‘n huis te vat en dit mooier en meer funksioneel te maak. Hou ons op datum met foto’s. En voor en na foto’s asb. Dit gaan ‘n interessante stowweringe blog wees DIE.

  2. Dis al ons vierde huis sedert 2006 waarin ons woon terwyl dit reggemaak word. Nommers 2 en 3 was die ergste, hierdie een is minder ingrypend. Ek hou niks daarvan nie maar mens kan seker alles gewoond raak.

  3. Joanna, dit is nie ‘n vreeslike heroïese projek nie, soos 2 huise terug nie. Hier word maar net ‘n badkamer en kombuis oorgedoen, die garage word omskep in ‘n voorste stoorkamer en agerste kantoor, muurpapier orals afgetrek en oorgeverf, plafonne word oorgepleister in party vertrekke, elektrisiteit word deeglik nagegaan en reggemaak, hier en daar word die radiators verskuif, miskien word die skoorsteen binne gedeeltelik afgebreek, nuwe matte orals. So eindelik nie so ‘n groot projek nie. In die laaste huis is alles teruggestroop tot op rou baksteen en nuut oorgedoen.

  4. Ja ons raak redelik ge-oefend. Ek is veral ge-oefend om uit die pad te bly sodat die werksmense hulle werk kan doen. Ek vind ontvlugting deur 10 ure per dag by die werk deur te bring ;¬)

  5. all i have to do is clean up the patio floor! Just looking at that picture, makes my sinuses rebel, hehe.Like the fact that the bottle ended up in the recycling plant, good show!

Leave a reply to Trakie Cancel reply