Trekswael

Iemand vra my vandag watse soort shapeshifter ek sou wou wees as dit moontlik was. Toe dag ek seker maar ‘n trekswael. Dan kan ek oorvlieg en kom MOB net wanneer ek wil. Nou die shapeshifting opsie sal seker nie sommer in die volgende paar weke al beskikbaar wees nie, en tog bly ek ronddwaal op hierdie ding.

Maar eers, ja ons het ge-MOB dat die biesies bewe. Dankie mense, julle is puik. ‘n Mens weet nie in die begin altyd hoekom jy begin blog nie, maar as jy dae soos vandag ervaar dan WEET jy.

Ek was een keer amper soos ‘n regte trekswael, al agter die son aan. Somer van 1990 suidelike halfrond, somer van 1990 noordelike halfrond, somer van 1991 suidelike halfrond, gevolg deur somer van 1991 noordelike halfrond, en toe word my vlerkies vir eers geknip en ek belande in WINTER van 1991 noordelike halfrond. Die Engelse het ‘n manier om jou jas of baadjie by die deur te vat as jy kom kuier, dan hang hulle dit daar aan ‘n haak. “No thanks, I’ll keep my coat on, AND the duck down ski jacket, if it’s all the same to you.” Ja ons het gevrek van die koue en ons Engelse gashere het seker maar gedink ons kuier nie lekker nie, want dis die subtiele boodskap (wat ek eers later uitgevind het) as jy nie jou jas wil uittrek nie.

Lyk my die TOB (tour of bloggers!) het darem die somer ingelui hier in die suidelike halfrond, en ek hoop die lekker warm weer bly by julle as ek Dinsdag weer op die vliegtuig klim.

My laaste besoek aan SA was so net oor die 3 jaar gelede, en dit was ook my kennismaking met die blogs. Tydens daardie eerste tentatiewe paar maande het ek onder andere probeer uitwerk hoe ek eintlik veronderstel is om te dink oor my eertydse land Suid-Afrika, en nadat ek tydens die huidige toer gereeld dieselfde vraag gevra is vind ek toe weer die stukkie wat ek geskryf het oor die Tsamma.

http://blogs.litnet.co.za/vetweet/tsamma

Ek voel sterker as ooit daaroor: ek is ‘n trekswael: ek koek graag saam met voëls van eenderse vere, ek soek die son, wil nie eintlik te lank in donker plekke bly nie.

En ek het, soos die aarbeiplant, al wyd en syd gerank, en wortels neergesit wat jy nie sommer gaan uittrek nie.

Vrede.

Advertisements

16 thoughts on “Trekswael

  1. Ek is bly dat jy nie terleurgesteld is in ons blogmaters nie. Geniet die laaste paar dae voor jy weer noorde toe moet trek.

  2. So bly jy’t die MOB geniet! YOu certainly got around on this mini-tour of yours. Enjoy this last leg, and take stunning memories back home. Mr Koekemoer says ‘dag’

  3. Darlingdee!!!! Welkom terug. If you happen to see that Mr Koekemoer you can tell him “dag” from this “Soutie in reverse”! And it’s about time he starts a blog…

  4. Plesier om nog ‘n blogger op my lyse te kon aftik…Volgende op my agenda: ‘n Blog-braai. Daar in Varkie se gat…

  5. Hi daar, klink asof julle omtrent lekker gekuier het! Bly jy het so ‘n aangename tydjie hier in die WK gehad… spyt ek kon weens ander verpligtinge nie ook kom hallo sê het nie…en skuus, ek besef vandag toe ek my e-pos by die werk bietjie sit en skoon maak, ek het jou per ongeluk laasweek inge’cc’ op ‘n possie :DWas my blonde oomblik van die dag!Gelukkig is die blond nou weer gekleur 🙂

  6. 🙂 Hopenlik is daar in die toekoms nog ‘n geleentheid vir kuier :DDelete maar die epos as hy ooit daar by jou uitkom.. is besig om toiletware vir ‘n kinderhuis in te samel en ek het jou per ongeluk daarby ingesluit.. Mooi dag vir jou!x

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s