Nou kan ek weer pedanties my sê sê.

Ek het gesukkel met Windows 7 om die kappies en deeltekens reg te tik.

Nou werk dit weer nadat ek ‘n nuwer weergawe van AllChars geïnstalleer het.

As ek nou maar net die vermoë gehad het om die nuutgevonde vaardigheid meer spitsvondig aan te wend.

Wôt jy wô kry?

Pê!

http://sourceforge.net/projects/allchars/

http://allchars.zwolnet.com/

12 thoughts on “Nou kan ek weer pedanties my sê sê.

  1. 🙂 Wonder of jy nou-al weer op SA bodem is… indien wel wens ek vir jou die heerlikste kuiers en ‘n voorspoedige reis na al die kuierplekkies en ook die reunie in Malmesbury!x

  2. Foxy ek vlieg Woensdag en kom Donderdag oggend in Jhb aan. Ry af en slaap op Kimberley oor. Vrydagaand tot Maandagoggend op Malmesbury vir reünie en “Kaapse” MOB. Via Kleinmond Maandag tot Jongensfontein. Dinsdag nog in daardie omgewing. Woensdag George, Donderdag Nieu-Bethesda, Vrydag via Bloemfontein tot in Pretoria. Saterdag MOB in Pretoria. Sondag met familie, Maandag met familie en vriende, dan tot in Jhb by my sus. Dinsdag vlieg ek weer. Dis nou my reisprogram in ‘n neutedop. Sien ek jou dalk?

  3. Sjoe, jy’t omtrent ‘n vol skedule! As jy nog my e-pos adres het kan jy maar vir my laat weet hoe jou program van Vrydag tot Maandag verloop dan kan ek kyk of daar dalk ‘n kans is dat ons paaie erens in daardie tyd kan kruis.. Ek is in die Kaap, tensy jy dalk Maandagoggend oppad Kleinmond toe dalkies nog erens in die Kaap (Noordelike voorstede moet deur).. As dinge egter nie so uitwerk nie.. wens ek vir jou die heerlikste van heerlike kuiers toe en dat jy veilig hier sal reis en weer met jou gesin her-enig sal word! x

Leave a Reply to gidivet Cancel reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s