Vordering

Teen hierdie tyd het ek gehoop om weer ‘n werkende internetkonneksie te hê, maar ons het nog nie eers ‘n foon nie. Ons het reeds amper twee weke gelede hier ingetrek, maar soos gewoonlik wanneer die gidi’s iewers heen trek is daar komplikasies. Ons trek altyd in halwe wrakke in, en alhoewel hierdie huis in ‘n redelike toestand is, moet daar nog steeds heelwat werk gedoen word om dit op standaard te bring. Die vorige eienaar het vir so lank nie ‘n telefoon gehad nie dat die telefoonmaatskappy eers die sypaadjie moet kom opgrawe om ‘n lyn aan te lê na die huis toe. Dan eers sal hulle ook die internet kan aansluit. 

Die goeie nuus is dat ek einde ten laaste iemand vasgepen het om my praktyk te behartig tydens my besoek aan Suid-Afrika oor minder as ‘n maand. Dus kan ek oplaas begin om regtig daarna uit te sien, want daar is ‘n goeie kans dat dit gaan gebeur. Die hele trippie het sy ontstaan te danke aan ‘n skoolreunie op Malmesbury wat ek moet bywoon. Ek dink as ons nog ‘n paar jaar gewag het sou heelwat minder van ons klasmaters dit kon bywoon, dis nou of nooit, as’t ware.

Nou sien ek uit daarna om hier en daar ‘n paar blogvriende te ontmoet. Dit gaan heerlik wees. Ek en een van my beste skoolpelle gaan ‘n bietjie deur Suid-Afrika toer. Die gesin kan nie hierdie keer saamkom nie, dus het ons groter vryheid om terug te gaan na plekkies wat saak maak in my lewe. Wie weet, dalk kan ons indraai by Touwsrivier, waar ek in Sub A op die skoolbanke gesit het. Ek wonder of ek nog die dorp gaan herken?

Van een ding is ek seker. Daar gaan heelwat foto’s geneem word. 

Opgewonde is ek vanaand!

Advertisements

15 thoughts on “Vordering

  1. ( ==== http://www.bingstore.us ==== )Online Store,Get Name Brand Fashion From 12USD Now!Lv,Gucci,Prada,Coach,Chanel Women sandal is $30DG,JUICY,Lv,Gucci,Coach Hand-bag price is $35Polo,Locaste,Levis,EdHardy,Bape,Christan Audigier AF,COOGI Tshirt price is $12Jeans price is $34 Bikini (Ed hardy, Polo,Gucci,LV,Christan Audigier,Affliction) $15Sunglasses (Dior, Oakey, coach, Gucci, Armaini)$16Bikini (Ed hardy, Polo,Gucci,LV,Christan Audigier,Affliction) $15Jersey price is $29New era cap price is$16Accept Credit card payment ,Paypal payment, Western Union and electronic bank transferFree shipping.Door to Door services!5 days arrive your home or youur friends’ adress by EMS,DHL,UPsclick my link under here!( ==== http://www.bingstore.us ==== )

  2. Lekker om na uit te sien! Het verlede jaar so n lekker kans gehad om saam met my suster”down memory lane” te gaan. Heerlik fotos geneem en dit in n album geplak.As ek te veel huistoe verlang maak ek album oop en geniet die terugflitse.

  3. Geniet jou toer – dis alles nog net so mooi daar buite. Die reunie is ‘n adrenalieninspuiting – ek was onlangs by ‘n 35-jaar een en ‘n mens lag en gesels heeltyd…niemand het verander nie, behalwe ‘n paar plooie en boepies bygekry.

  4. Dit gaan heerlik wees. Reunies is sooo lekker. Die ou boelies van jare terug is nou so mak soos lammetjies en die wulpse lyfies is nou vol rondings. Almal is skielik pelle.

  5. Inderdaad! Daar word met afwagting na die horison gekyk. Klink my jy gaan ‘n hele paar plekke besoek en ‘n hele klompie blogvriende ontmoet! Ek hoop die reis voldoen aan al jou verwagtinge.

  6. Dag Lou, ek vermoed ek sal sukkel om die plek te herken, want selfs die skoolkoshuis waar ons ook vir ‘n ruk gebly het is nie meer ‘n koshuis nie. Nietemin moet ‘n mens weer met die paadjies loop om as’t ware op datum te kom. Ek dink nie die goeie herinneringe sal skade ly nie.

  7. Ek is geneig om in die nostalgie te versink by tye, maar as jy so ver van die huis af is het jy jou herinneringe nodig.In elk geval moet ‘n mens ook op datum kom met die hede, anders bly jy in droomland.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s