Spammers en ander aanhoudende probleme

Mense ek weet nie wat om met my gereelde spammer te maak nie. Ek kry ‘n outomatiese spam kommentaar op elke blog wat ek pos. Dit help nie om dit uit te vee nie, en ek sien nie ‘n manier om die persoon te blok nie. Ek het terugvoering gegee op “Feedback” maar na 4 dae is daar nog geen antwoord nie. 

Gister het ek probeer om ‘n video te embed, maar dit lyk my die html editor werk ook nie.

Moet ek aanvaar dis maar hoe dit is op Litnet en daarmee verlief neem, of is daar ‘n roete hier deur? Ek kry die gevoel dat dieselfde probleme hulleself herhaal en Litnet luister nie, of neem geen stappe om die blogsagteware te verbeter nie.

Groete en lekker dag.

Advertisements

13 thoughts on “Spammers en ander aanhoudende probleme

  1. ‘Welcome to the club’ Hierdie is een van die mees gebruikersonvriendelike werwe en ek dink dit gaan miskien nog gebeur dat ons almal maar aanbeweeg.

  2. weet dis dalk nie regte plek nie, maar wil graag vra.ons Worsie reun is nou net oor ‘n jaar. Die ou is besonder gesteld daarop om op elke moontlike dingetjie sy merk te laat. sal dit steeds baat om hom vir sy ou operasietjie te vat, of is dit nou te laat?Oor litnet – die spammer los min bloggers uit.

  3. Dankie Tina vir die kuier, ek’s jammer ek skryf so min deesdae. Voorlopig bly ek hier. Die frustrasie borrel maar net partykeer op. Miskien moet Litnet nie probeer om die wiel weer uit te vind nie. Dalkies moet hulle sommer die hele blogwerf skuif na ‘n ander platvorm wat beter werk. Iets waaraan hulle nie self nodig het om te probeer skaaf nie.

  4. Dankie kamma. Ek sal maar voortgaan, vir die wyle in elk geval. Ek voel dat as ek regtig ernstig was oor blog en dit professioneel so wou doen is Litnet nie die regte plek nie. Dis ok vir rondkuier met vriende en soms ‘n paar kwinkslae kwytraak. Daar is genoeg gekerm en gekla oor ou maats wat weg is. Maar ek het heimwee na die tyd toe litnet gegons het.

  5. Gelukkig kan ‘n mens darem nog die “Spanner” skrap, al kan jy dit nie blok nie. Jy’s reg, daar is nie ‘n waarborg dat die worsie minder territoriaal sal wees na die operasie nie. Daar is egter ‘n kans dat dit kan help. Hier het ons ‘n inspuiting (jare al) wat jy kan gebruik om te sien of dit gaan help. Die laaste paar jaar is daar ook ‘n “implant” – iet soos ‘n microchip wat jy onder die vel inspuit en dit werk vir 6 maande. Jare terug het my pa ‘n verd***mde Jack Russell Terrier gehad wat so orals gemerk het. Die hond kon nooit in die huis toegelaat word nie. Ons het hom laat regmaak, maar hy was baie ouer as ‘n jaar. Dit het nie gehelp in sy geval nie, want hy was nooit geleer om hom te gedra in die huis nie. Ek onthou nog een Kersfees op Jongensfontein. Na die kersfeesdiens kom die dominee daar by ons huis verby om ‘n paar woordjies met my pa en ander ooms te wissel. Sou die swerkater van ‘n hond nie wragtag sy been teen die eerwaarde se broekspyp kom lig nie. Die man het sy pose gehou, maar ons was eers baie verontwaardig, en later kon ons ons lag nie hou nie. Antwoord dit jou vraag?

  6. As jy skuif, vertel ons tog net waar jy heen gaan? Daar is ‘n hele paar van ons wat wil skuif, maar ons wil ook nie die blogs wat ons baie geniet en die vriende vir wie ons lief geraak het hier op Litnet, verloor nie!

  7. Ag Joanna, ek ly natuurlik aan prokrastinasie, dis amper so erg soos spinasie. My leuse is: “Procrastinators of the world unite……tomorrow!Ek het ‘n blokkie geopen op WordPress, maar dis nog net vir my om in rond te krap, maar ek sal laat weet wanneer dit oop is vir die publiek. In werklikheid dink ek nie ek sal my blog hier sluit duskant van my SA trippie nie, en selfs daarna sal ek seker maar alles net so los, met ‘n briefie onder die deurmat vir diegene wat my nuwe blog soek. Maar wie weet, dalk is daar ‘n reuse herlewing op Litnet, en is al die ou bekendes weer terug, en ons hoef nergens heen te skuif nie.

  8. ek dink die hond het ons gehoor!!! nog nie ‘n enkele merk hierdie hele week.lekker geglimlag vir jou storie oor brak Jack Russel (dalk familie van Kurt russel?)

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s