Die Vet Weet

Dankie Kammakazi vir die Nominazi!  :¬)

Nou ja, waar krap ‘n mens 7 feite oor jouself uit?

1. Word sterk deur olfaktoriese en ouditoriese stimuli beïnvloed.

2. Het 5 jaar in Rhodesia, 21 jaar in Suid-Afrika en Suidwes-Afrika gewoon, en is nou omtrent 21 jaar in Engeland.

3. Ek hou van orde, ritme, simmetrie en palindrome.

4. Is oor ‘n paar dae reeds 25 jaar getroud met dieselfde mevrou Gidi.

5. Gidivet was 30 jaar terug in Matriek, en was bekend as Gatiep.

6. Het 10 jaar terug kortstondig ‘n sixpack gehad, en het ‘n foto om dit te bewys. En nee, dit was nie die soort wat ‘n mens in die yskas bêre nie. 

7. Is baie lief vir vegetariese geregte, met ‘n lekker stukkie vleis daarby.

Ek is bietjie uit voeling met die blogs, so ek weet nie of hierdie volgende mense al reeds genomineer is nie:

Ek nomineer:

1. Joanna

2. Darlingdee

3. Ezile

4. Tina

5. Foxy

Advertisements

10 thoughts on “Die Vet Weet

  1. :¬) Lou.Ja ons het al baie van die goed oorgetrek na die nuwe huis se garage. Ons koop/verkoop behoort so oor twee weke deur te gaan.

  2. Ek het ‘n ding vir pallendromiese nommers – dit is vir my sommer ‘n “event” as ek een sien, veral op weird plekke soos my kar se “mileage” 🙂

  3. Baie dankie vir die nominasie, Gidi! Sommer ‘n klomp lekker feite oor jouself. Nou weet ek sommer watse kos om vir jou te maak wanneer jy en jou vriend die draai hier in ons geweste kom gooi!

  4. Hi jy, baie dankie vir die nominasie… ek het net nog nooit kans gehad om daarop te antwoord nie… tyd is so liggies ‘n faktor die laaste maand of 3 by die werk en saans is ek gewoonlik te vodde om nog hier voor die skermpie te vertoe… met manlief weg vir werk ontwyk die slaap my egter so ‘n bietjie en kry ek kans om so bietjie op te vang met my agterstallige leeswerk.

  5. Siende ek alweer ligjare agter is met responses is hierdie ‘speletjie’ lankal verby so spesiaal vir jou my 7 feite:1. My gunsteling kleur is Blou2.Is baie lief vir musiek en speel klavier, sing en het laasjaar vir so 3 maande vioollesse geneem wat net eers vir ‘n rukkie op ys is totdat kleinsus net ‘n bietjie meer van die hand af is.3.Is nog al die jare vrekbang vir inspuitings en naalde maar skenk bloed.4. Is gebore in die Kaap, maar is in my hart eintlik ‘n plaas’girl’ :)5. Droom daarvan om eeeeennnnddaaag ‘n gastehuisie/retreat op ‘n kleiner dorpie te hê6. Is ‘n redelike “Jack of all trades, but master of none”.. kan heeltemal te veel goed doen en word altyd met ‘n slap riem gevang7.Het self ons huisplan ontwerp.:D

  6. Baie dankie vir die spesiale insae in Foxy. Liewer laat as nooit, en my getroue e-pos sisteem het kom aanmeld dat jy hier geskryf net.

  7. 🙂 ek is ook maar baie afhanklik van die e-possies anders sou ek darem al op baie interessante skrywes uitgemis het!x

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s