SoundCloud

Ek het onlangs eers die wonders van SoundCloud ontdek. Dit is oorspronklik in 2007 begin as ‘n platvorm waardeur kunstenaars hulle musiek met mekaar kon deel, maar deesdae kan dit gebruik word om musiek- en ander opnames wêreldwyd te versprei. 

Roy Stannard is ‘n baie talentvolle vriend van my wat in die advertensiewese werk. Onder ander is hy die mede-stigter van Splash FM, ‘n plaaslike radiostasie in ons buurdorp, Worthing. Hy het onlangs geblog oor “The tracks that changed my life.”

In hierdie artikel is daar ‘n skakel wat jou na sy podcast neem, waar jy na sy musiekprogram kan luister. Roy het vir jare as ‘n omroeper gewerk by sy radiostasie, en sy musiekkennis is ensiklopedies. 

In elk geval, dis hoe ek kennis gemaak het met SoundCloud. As jy jou musiek of selfs jou podcasts met die mensdom wil deel is dit baie baie maklik om hierdie medium te gebruik. Ek het die SoundCloud app vir Android op my foon afgelaai en die opname sommer direk op die foon opgeneem en opgelaai. Natuurlik is dit ook vir die iPhone beskikbaar.

As voorbeeld plaas ek eerstens Roy se baie professionele radioprogram, en dis nogal die moeite werd om heeltemal deur te luister. Daarna het ek sommer een van my gunsteling gedigte opgeneem. Vir die van julle wat my kentekens hier regs raakgelees het sal dit ‘n ou bekende wees.

http://player.soundcloud.com/player.swf?url=http%3A%2F%2Fapi.soundcloud.com%2Ftracks%2F16952491
Roy Stannard – Memory Box by roystannard

http://player.soundcloud.com/player.swf?url=http%3A%2F%2Fapi.soundcloud.com%2Ftracks%2F17454655
Stil aand, deur NP van Wyk Louw by gidivet

Net vir ingeval die html skakels nie werk nie pos ek die direkte paadjies hier onder:

http://soundcloud.com/roystannard/roy-stannard-memory-box

http://soundcloud.com/gidivet/stil-aand-deur-np-van-wyk-louw

Advertisements

8 thoughts on “SoundCloud

  1. Dubbelgoud vir jou op Blogville se eisteddfod!Tegnologie ontwikkel teen ‘n geweldige spoed.Ek sou ‘n cd wou koop met gedigte op…sjoe, dis nou ‘n plan!

  2. Dankie Lou. Ek sou ook graag ‘n cd met my gunsteling gedigte wou bekom. Met Babs Laker en Johan van Jaarsveld.

  3. Ek het eers na Roy Stannard seMemory Box geluister en dis interessant en sommige snitte is baie mooi. Toe het ek jou NP van Wyk Louw geluister en ek moes my oe toemaak om alles uit te sluit, want dit was soooo vreeslik mooi en dit raak so diep aan mens se hart. Jy kan gerus maar weer vir ons iets voorlees, hoor!

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s