Vir Modderkoekie. My name is gidi and I’m a snob.

Dit is so maklik om ander mense ‘n snob te noem, en nie altyd so maklik om dit in onsself raak te sien nie. As ek regtig eerlik wil wees kan ek aan baie dinge dink waaroor ek te veel opgetrek raak, terwyl dit eintlik onbenullig is. Stadig maar seker moet ‘n mens jouself losmaak van die dinge wat jou terughou. 

Life’s too short. 

Maar terwyl ek nog ‘n snob is kan ek maar solank een van my “troetel-awersies” (behalwe natuurlik anglisismes!) met jou deel. 

Ek vind dit moelik om met swak spelling saam te leef, en dis amper asof vandag se generasie nie meer geleer word om reg te skryf nie. Die nommer een riller is om “their” met “there” te vervang. 

Of geaffekteerde spraak. Die video hier onder is ‘n lekker tong-in-die-kies weergawe van die posh aksent wat sommige mense aansit.

EK IS JAMMER, DIE VIDEO WIL NIE “EMBED” NIE.

Hier is ‘n skakel om op te kliek:

http://youtu.be/eKFjWR7X5dU

Modder, ek hoop jy geniet jou Bank Holiday!

Advertisements

19 thoughts on “Vir Modderkoekie. My name is gidi and I’m a snob.

  1. Ek dink nie die gurus werk aan die probleem nie. Daar is gereeld ‘n probleem om foto’s of videos op te laai. Ek sien jy het ‘n WordPress boek op jou tafel. Is jy ook party dae lus om jou blok te skuif?Wel ek kan seker nie praat nie. Is nie aktief genoeg op die blogs nie. Is bietjie vir ‘n slag af vandag. Vang bietjie op met Dr Who.

  2. Ek gaan nou eers kyk, Gidi. Ek ly aan dieselfde snobisme as jy. Ek dink mens moet die dinge reg doen. Ek is seker alles sal mettertyd inmekaarstort as ons nie kyk dat goed reg gedoen word nie.

  3. Interessant hoe mens dink joune is OK, die ander mense s’n is ‘n vorm van snobisme My eerste gedagte hier was, Ja maar spelling is ‘n given, what else?

  4. Ai Maankind. Ek weet die demone jaag ons, maar kom ons gaan stap eerder op die strand en asem die seelug in.

  5. Terloops, ons is uiteindelik besig om hierdie huis te verkoop. Ons hoop om oor ‘n maand in die volgende “projek” in te trek.

  6. Dis ‘n werklike probleem vir my. Ek onthou nie meer so goed na 20 jaar hier nie. Weet nie of ‘n woord ‘n woord is en of ek hom sommer opgemaak het nie.Jy’s baie welkom.

  7. Af MK, dis Mev Gidi wat vlytig is. Ek gaan in die oggend werk toe en as ek in die aan by die huis kom het ons al weer getrek. Maar nou die dag het ek nie ‘n verpleegster gehad nie toe moes sy kom handgee by die werk. Aan die einde van die dag was sy van mening dat ek maar my werk kan hou en sy verkies “bricks and morter” enige dag.

  8. Ek moet sê dat ek nogal met jou saamstem.. mense se spelling vandag is horibaal! Ek weet daar is soms wat ek nie kans kry om ‘n ding weer behoorlik deur te lees nie en agterna kan ek omtrent my kop in ‘n gat druk as ek spelfoute raaklees. Was nog altyd vir my verbasend hoe baie spelfoute mense in hul eie voertaal maak. Ek sit soms verstom en engelse geskrifsels lees en kan dan maar net my kop skud vir al die spelfoute in die rooitaal wat ek raaklees vir wie dit ‘n tweede taal is!x

  9. Naand Foxy. Lekker om jou weer te sien. Ai ek lag soms lekker by die werk as ek sien hoe die kinders spel (dis nou een van my jong ontvangsdames).

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s