Kaartjies gekoop

Nou ja, die trippie Suid-Afrika lyk nou baie meer waarskynlik – ek het my vliegtuigkaartjies vandag gekoop. Behalwe nou die reunie op Malmesbury moet daar heelwat ingepas word in 2 kort weke aan die einde van Augustus. Ek wil baie graag ‘n ryding huur, leen, bedel of opkommandeer (of dalk “regstellend opeis”) en ‘n paar draaie gaan ry. 

Wie weet, dalk ‘n draai of wat in die Sederberge, Weskaap, Karoo, Bloemfontein, en Pretoria.

Ag skiestog, ek het van die lang afstande en die min dae vergeet. Moet nog hier en daar familie ook besoek.

Maar mens kan darem seker tog droom van ‘n MOB of twee?

30 thoughts on “Kaartjies gekoop

  1. Ek hoop jy sal jou kuier geniet.SA is n mooi land soos jy weet maar daar is so baie goed wat krap.

  2. Geniet dit…was selfs nou vir 5 weke daarso…het maar met ‘n swaar hart op die errie geklim gister.

  3. Geniet dit…was selfs nou vir 5 weke daarso…het maar met ‘n swaar hart op die errie geklim gister.

  4. Hallo Geitjie. Ja dit was nog altyd ‘n uitdaging om almal in te pas. Die beste plan was nog altyd om vir almal te se waar ek gaan wees en dan kom kuier hulle saam-saam. Het al opgegee om te veel rond te ry. Maar hierdie keer wil ek juis bietjie ry en plekke sien. En dalk ‘n paar bloggers.

  5. Hoera! Ek wil nou nie die Britse somer omwens voor dit begin nie, maar my voete jeuk al om op die vliegtuig te klim. Maar eers is dit Vienna in Junie vir die katkonferensie.

  6. :-)Ek was lanklaas hier by jou! Vang gou vinnig so ‘n bietjie op…is amper al tyd vir jou kuiertjie!

Leave a reply to Freshly-Ground Cancel reply