Soap on a rope en ander vraagstukke

Ek dink vanaand heel onverklaarbaar en onlogies, aan “soap on a rope”.

Ek was nog seker in die laerskool toe dit die eerste keer in die winkels begin verskyn het, en ek het toe nogal gedink dit is ‘n goeie idee. Dalk het ek sommer ook vir my pa so ‘n sepie gekoop vir Kersfees. Kon gewees het ja, want die sakgeldbegroting was maar skraps.

En tog.

Hierdie sepies het nooit regtig in my lewe posgevat nie. Dit hang nou wel baie lekker aan ‘n haak in die stort, maar die tou kom bietjie in die pad as jy die seep wil gebruik.

Snaaks hoe so ‘n sepie die herinneringe losmaak. Laat my dink aan daardie Kersfeestye by die strandhuis. Ek het vir ‘n hele klompie jare elke Kersfees ‘n blikkie kondensmelk gekry. Om die waarheid te sê, ek sal vandag nog bly wees om ‘n blikkie van Nestlé se beste in my kerskous te kry. Saam met die kondensmelk was daar dan iets anders soos ‘n knipmes of ‘n flits. Maar een van die lekkerste presente was die jaar toe ons elkeen ‘n plastiek Ford Capri kar gekry het, ek ‘n rooie en my sus ‘n gele. Hulle was vol stickers en mens kon hulle met ‘n toutjie in die pad agter jou aan sleep. Natuurlik het ons die oggend na kerk dadelik afgesit strand toe om die karre te gaan uittoets, op die strand en ook in Jongensfontein se stroompie en oor die klippe tot in die see. Dit was nie lank nie of al die stickers het afgewas, maar die karre het gehou. Ek vermoed die karre is dalk nou nog daar in die stoorkamer, dieselfde een waar die badza nou nog teen die muur hang.

Maar behalwe nou vir die sepie kan ek wragtie nie onthou watse tipe presente ek vir my pa of ma gekoop het nie. Dalk ook maar beter so.

Nou wonder ek tog oor hierdie dinge. Kan jy onthou wat jy vir jou ouers gekoop het vir Kersfees?

En is daar iemand wat nou nog soap on a rope gebruik? Nie net koop en weggee as ‘n geskenk nie.

En as jy dink dis ‘n simpel onderwerp kom luister gerus hoe hierdie ouens die kitare klits…


Chickenfoot – “Soap On A Rope”.

Maar moet maar liewer nie na die woorde luister nie, want hulle maak net so min sin as myne vanaand.

Advertisements

14 thoughts on “Soap on a rope en ander vraagstukke

  1. Hansie, ek kan sien die passie loop diep! Dankie vir die baie weldeurdagte en passievolle antwoord. Dis amper po”eties.

  2. Ons het ook nogal probeer. Ek onthou die paniek, met die dae wat aftik, en ekke met die twee twee linkerduime wat uit idees uit raak oor wat om te maak.

  3. Ek dink die “klein geskenkies” was ‘n goeie idee. Dit het die kinders en die ouers ‘n “level playing field” gegee.

  4. Self het ek nog nooit hierdie appelkoospitte probeer nie, maar mev G s^e mens moet nie te veel van hulle op ‘n slag eet nie. Ek het gou gaan kyk hoekom, en blykbaar bevat dit (en ander steenvrugte se pitte bv pruime en perskes) klein hoeveelhede sianied. Interessante gedagte.

  5. Ek het ok so deur die jare ‘n paar present gekry. Hulle hang maar rond vir ornamente. Miskien is dit tyd om dit te gebruik of weg te gooi.

  6. :), wel, dit lyk my daar le baie sepies in laaie die land oor. Sal ons dit gaan uitgrawe in die naam van wetenskaplike navorsing en dan ‘n verhandeling skryf. Of miskien nie. Klink na werk.

  7. Pragtig Ek het terug gegaan na kinderland toe! En dit was nie nodig om ‘n hoop presente te he nie. Ons as kinders het presente gemaak, goed soos serpe, hekel kombersies, koekies end coconut-ice. Ja, en toe ek ryk was, soap-on-a-rope! Ek weet nie of dit nog beskibaar is nie want nou gebruik ons stortgel, meer hygenic. ek het weer ‘n Afrikaans pos opgesit

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s