Gedagte vir die dag

Wel, ek het die dag afgevat. Partykeer mag ‘n mens mos maar.

Ek sit nog heerlik onder die warm duvet met die “lappie” op my skoot en blog.

‘n Lekker koel (let wel nie meer ysig koud nie) luggie spoel deur die oop venster.

Nou dink ek aan daardie ou gediggie wat my pa soms aangehaal het as ons so in Desembervakansies die see sit kyk het:

Van Maandag moet ek Maandag maak
Om Dingsdag an die werk te raak;
Woensdag is ek siek,
Donderdag werk ek nie[t].
Vrijdag is dit Slamse kerk;
Wie die drommel wil dan Saterdag werk?
En Sondag is al weer kerk.

Lekker dag vir julle almal.

Advertisements

13 thoughts on “Gedagte vir die dag

  1. Dit klink soos ‘n baie ou gediggie….dit klink of jy nog met vakansie moet wees! Ek hoop julle Kersfees was ‘n ware FEES en die nuwe jaar is vol belofte van mooi dinge vir julle!

  2. Ek sal my sterk teësit. Soos G@ti*p wat in ‘n vat whisky verdrink het, ma eers drie keer uitgeklim het om toilet toe te gaan…

  3. Het hom geniet. Moes tog maar later opstaan. Vandag ‘n seer keel, ek dink die “man flu” waarvoor ek al die hele winter weghardloop klop aan my deur.

  4. Ek dink my pa se pa het dit vir hom geleer. Ja ek sou graag die hele week wou af vat maar ek werk vir ‘n harde baas…Ons Kersfees was ‘n fees ja dankie. Ons het met ons geliefdes gepraat en lekker saam geëet. En ek glo die nuwe jaar hou baie mooi beloftes in. Laat ek sommer dieselfde vir jou en joune toewens.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s