Bognor Regis vanoggend

Die rit werk toe neem my gewoonlik tussen 20 en 30 minute. Gisteraand het dit egter hard en aanhoudend begin reën. Ons dorp is natuurlik ook op ‘n vloedvlakte gebou. Geen wonder dit het my omtrent ‘n uur en ‘n half geneem om dieselfde roete te ry nie. Dit was chaos, en die brandweer moes hier en daar water uit mense se huise pomp. Terwyl ek so in ‘n plas water sit het ek gou die selfoon gebruik en ‘n paar foto’s geneem. Die water lek-lek so aan die drumpels van die winkels en aan die onderkante van die karre se deure. Ons gebied is so dig bewoon dat ‘n bietjie reën, of erger nog, ‘n paar duim sneeu, die hele infrastruktuur tot stilstand bring.

From 20101109 Bognor Flood
From 20101109 Bognor Flood
From 20101109 Bognor Flood
From 20101109 Bognor Flood
Advertisements

15 thoughts on “Bognor Regis vanoggend

  1. amazing – one man’s meat is another man’s poison. Hoop jy het ‘n lang reenjas en wellies.Ons kry nou ons reen, dank DieHere!PS, trust Mom much better and walking well now…

  2. Hi Dee – always such a pleasure to see you here. My feet stayed dry today thank goodness. Mom is doing great. She’s such a good patient and always positive.

  3. Ons ry hoeka Vrydagaand Skotland toe om rugby op Murrayfield te gaan kyk. Ons kry kuiermense van Qatar af en dit lyk of hulle in is vir ‘n moerse surprise – van vrek warm na vrek koud. Sal julle volgende week laat weet hoe ons ekskursie afgeloop het. Gidivet, as jy in Bognor Regis woon is ons nie te ver van mekaar af nie. Groete

  4. Gidivet, Ja ons woon naby Petersfield so halfpad tussen Portsmouth en Haslemere. Ek het daai lot van Qatar gewaarsku hulle gaan lekker skyt van die koue, veral daar bo in Skotland.

  5. Sjoe, jou foto’s laat my nou sommer ver terugdink.. ek’t in Aug 2001 in die hawe gewerk in Kaapstad… ons kantoor was einde van ‘n lang sekodêre paadjie met net dollosse wat ons geskei het vd see. Was swart suid-ooster en ons het almal redelik paniekbevange gestaan en kyk hoe ons enigste uitgangsroete al hoe meer toe onder seewater raak.. oplaas het ons moed bymekaar geskraap om die MD wat JHB was te bel en te sê ons gaan nie kan huistoe gaan indien ons nie ‘n uur vroeër gaan nie.. teen die tyd wat ek daar uitgery was die water al so diep dat ons uitlaatpype net-net begin toegaan het.. ons het natuurlik ‘n reusekans gevat ons so blindelings daar deur te ry want jy kon glad nie meer die pad sien of sien wat alles al daar tussen die dollosse uitgespoel het nie.. so is ons maar bid-bid daardeur totdat almal anderkant uit was… die seewater was natuurlik wonderlik vir ons motors! maar gelukkig kon almal darem by die huis uitkom.. ander in die waterfront se motors het rondgedryf!Sterkte vir julle winter!

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s