Cornwall 2010 – Trewhella Villa

Naand vriende.

Ja ons was weer bietjie met vakansie. ‘n Jaar terug was ons in Cornwall vir besigheid (sien my blog oor Marazion), maar hierdie besigheidskontak het tot ‘n vriendskap gelei. Ons is teruggenooi om in hulle karavaan naby Penzance tuis te gaan. Ons was bietjie bekommerd oor die weer, want Cornwall kan koud, winderig en nat wees hierdie tyd van die jaar. Gelukkig was die nagtemperature heel leefbaar, en ons het ons elektriese komberse byderhand gehad net in geval. Woensdag het die son geskyn en kon ons op die strand gaan ontspan.

Dit was vir ons ‘n groot lekkerte om hierdie gesin beter te leer ken. Hulle bly op ‘n kleinhoewe met skape, hoenders, honde (hulle teel Wheaten Terriers). Daar is 5 kinders en my seuns het dadelik vriende gemaak en gespeel vir die vale. En vir mev Gidi was die toppunt dat ons nie aandete hoef te kook nie. Elke dag het ons by die gesin aangesluit vir ete en ‘n hond uit ‘n bos gekuier om die massiewe tafel.

Ons vriende het hulle karavaan aan die begin van die somer opgestel en hy was uitverhuur dwarsdeur die seisoen. Terselfdertyd het hulle ook ‘n teetuin geskep en cream teas vir toeriste aangebied. Besoekers aan Cornwall sal bekend wees met Cream Teas, en natuurlik ook met die tradisionele Cornish Pasty. Meer hieroor in die volgende aflewering.

Advertisements

8 thoughts on “Cornwall 2010 – Trewhella Villa

  1. Meer as 200 foto’s. Dit was ‘n fantastiese week. Jammer om terug te gaan werk toe more, maar ons moet eet ook!

  2. Gaan liewer nie vir mnr Doring vertel van die pragtige honderas nie, ons het al ‘n Ierse en Wirehaired Terrier gehad. Lieflike honde, maar lg was besonder koppig.

  3. Hallo Roosdoring. Ek dink al die groot terriers het ‘n koppige streek weg. As jy ‘n meer gematigde terrier soek gaan vir ‘n Border Terrier. Hulle is baie rustigter.

  4. Man, dit klink of julle sommer ‘n heerlike vakansie gehad het. En die weer speel toe ook saam. So ‘n blaaskansie doen mens goed, ne!

  5. ‘n Mens moet soms die daaglikse roetine onderbreek om weer perspektief te kry.Ek wens net dit was ‘n week langer.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s