Vyekonfyt en MOB

Hier is dit na middernag en daar word weer nie vannag vroeg geslaap nie. Mevrou G is uit op die straat saam met die Arun Angels tot 04:00 en ek is uitgekyk aan NCIS en CSI, mens kan ook net soveel opeenvolgende episodes kyk. Ek maak gou eers ‘n koppie tee in die kombuis en eet ‘n bordjie ontbytpap. Ja ek weet ek moet bed toe gaan, want wanneer die son vanoggend opkom word daar ge-MOB.

Ek het sommer lekker getoer deur die blogs vanaand. Dit laat my weer besef hoe bevoorregd ‘n mens is om deel te kan word van ‘n groep vriende soos ons bloggers, veral as jy ver van die huis sit. Twintig jaar terug was briewe skryf of peperduur foonoproepe die enigste toeganklike kontak met Suid-Afrika.

Ek wil net gou van die vyekonfyt vertel voor ek gaan inkruip om te probeer slaap. Ja vyekonfyt is baie hoog op my lys. Van kleins af al. Ek onthou hoe die mense veral in die beginjare vir ons kom kuier het met die blikke KOO vyekonfyt, of selfs die ware Jakob, tuisgemaak en versigtig in glasbottels gegiet, in baie lae klere toegedraai. Gelukkig het nooit iets gebreek nie. Hier en daar in spesialiteitswinkels kan ‘n mens deesdae ‘n tipe vyekonfeit koop, maar dis nie dieselfde as wat ons in SA ken nie. In Frankryk kon ons nogal iets koop wat amper reg gesmaak het.

Maar nou kom ek by die groot ontdekking wat mev Gidi so ‘n paar jaar gelede gemaak het. Hier naby ons in Chichester is ‘n groot vyeboom (die presiese plek moet liefs maar ‘n geheim bly). Die boom staan naby ‘n blok woonstelle, en dit lyk of niemand hom waardeer nie. Die vye wat op die grond val word bloot opgehark en weggegooi. Die vye aan die boom word nooit gepluk nie. Tot ons hom ontdek het. Hierdie week is die boom weer ge-oes, en in die kombuis staan vanaand ‘n viertal glasbotteltjies konfyt. Ek het gister die eerste kooksel op my toebroodjies werk toe gehad.

Mmmm! Dan kan ‘n mens mos nie kla nie.

Nou ja, tot later dan, hier gaan ons nou ernstig probeer slaap. En dan gaan ek opstaan en in die conservatory gaan sit, met die son wat deur die glas stroom, en my eerste koppie tee saam met ‘n grondboontjiebotter-en-vyekonfyt-toebroodjie geniet.

Advertisements

15 thoughts on “Vyekonfyt en MOB

  1. Jy kan maar se daardie boom is daar vir jou om hom te ontgin.Behandel hom goed en moet vir niemand se nie dan kan jy nog baie “joy” daar kry.

  2. Ai, te lekker Gidi. My ma kon sulke wonderlike vyekonfyt kook. Ek het nou die resep uitgekrap en wanneer daar weer vye is, wil ek dit probeer. Groenvyekonfyt nogal. Sulke blink, groen vytjies in stroop!

  3. …so if you had your way you’d be pretty “armless”…hehe.Dankie, ek het ‘n heerlike dag gehad. Wat slaaploosheid betref, ek het al rondrol in die bed probeer en dit werk nie, so ek kry maar iets om te doen. Ek weet nie of eet veronderstel is om te help nie, maar dis beter as rondrol.

  4. Eish, nou sien ek eers jy’t ook bitter vroeg wakker gewees. Is dit oor die alleen wees in die huis, met jou spookgedagtes?

  5. Dankie raymond en welkom op die blog. Ja die ou boompie is ‘n groot vreugde. Terloops vandag by ‘n karnaval gewees waar hulle “Fig and rhubarb” konfyt verkoop het, was nogal lekker.

  6. Dankie tronkie, jou goeie wense het gewerk. En welakepela ek het tog my presente gekry. Nog net ‘n paar slapies dan’s sy terug. Het jy al die hond ge-housetrain?

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s