Amptelike MOB verslag

Therina het baie foto’s geneem, so mettertyd sal sy dit blog. Ek het ook hierdie keer darem onthou om die kamera uit te haal – sal later sien of iets uitgekom het.

 

Eon was so gaaf om vir Therina tot hier te bring, en hy’t geduldig saamgekuier. Dankie Eon, lekker om jou ook te leer ken.

 

Nadat ons redelik leepoog opgestaan het (lees my pos oor vyekonfyt en slapeloosheid) was dit nie lank nie of daar is ‘n klop aan die deur. Therina en Eon het gou eers tee gedrink en dis waar die eerste (en gelukkig enigste) probleempie opduik. Mev Gidi was reeds weg kerk toe met die seuns, toe soek ek die suiker om in my gaste se tee te gooi. Niks maar niks in die kaste nie. Dis nou behalwe icing sugar en castor sugar. Toe kies ons maar castor sugar en hulle’t dit darem oorleef. Hier rond gebruik mense nie eintlik suiker nie, so ons het lankal opgegee om suiker in tee te gooi.

 

Wel, hierdie Therina is iemand met stamina. Sy’t so pas London, New York en Denemarke platgedraf, maar sy sien toe kans vir nog. Nou ja, hier is ons program vir die dag. Therina, ek weet jy wil eintlik self hieroor skryf, so ek sit net die name van plekke op sodat jy kan weet watter foto’s waar hoort.

 

Ons sit toe af na die Weald and Downland Open Air Museum waar ons ‘n hele paar ure rustig rondgekuier het. Dit was hulle 40ste herdenking en daar was ‘n hele karnavalatmosfeer. 

 

Daarna was ons in Arundel, eers ‘n koppie tee en ‘n kaasskon geniet in Tarrant Street, toe opgery verby die Arundel katedraal tot by die kasteel se krieketveld, daarna weer deur die dorp gery tot by die Swanbourne Lake. Na ‘n heerlike roomys het ons weer die pad gevat huis toe sodat ons gaste nog kon terugry London toe.

 

Meer hieroor later, maar nogmaals dankie dat julle soveel moeite gedoen het om hier uit te kom. Dit was sommer ‘n groot “treat”. En vir wat groete en drukkies saamgestuur het, dit word waardeer. Kom nou sommer volgende keer self.

Advertisements

15 thoughts on “Amptelike MOB verslag

  1. NOu toe nou! Klink asof julle lekker gekuier het! Jip, Therina hardloop sommer nou die hele wêreld plat binne ‘n paar dae! Klink nogal asof sy die “around the world in 80 days” ding sou kon doen!Mag julle ‘n heerlike nagrus geniet!

  2. Slaap? Stel my asseblief voor. Grap sommer net. Slaap al bietjie beter hierdie week. Ja dis een manier om Therina te beskryf…

  3. Moenie jaloers bly nie – neem aksie! Oeps dit klink na ‘n vreeslike anglisisme. Moet nou nie op jou laat wag nie.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s