Kronkelpaadjies deur Cuckmere Valley

Tussen Brighton en Eastbourne in East Sussex is daar pragtige plekkies vir die reisiger om te ontdek. Die Cuckmere rivier begin êrens naby Healthfield in East Sussex, en loop in die see by Cuckmere Haven. Naby die mond kronkel die rivier deur die Cuckmere Valley, ‘n vloedvlakte wat deur die South Downs sny.

Net buite Seaford op die Alfriston pad is daar ‘n parkeerarea. Volg die voetpaadjie tot jy die rivier se kronkels kan sien.

Hierdie karpark is ook die naaste aan die Litlington White Horse (‘n perd uitgesny in die heuwels en met wit kalkklippe uitgepak.

From 2010-07-03 – Cuckmere River

As jy regs kyk op die foto kan jy net-net die blou van die see sien uitsteek. My panorama foto is moeilik om op die blogs te wys, maar kliek op die foto self en jy kan ‘n vergroting daarvan sien op die Picasaweb album. As jy oor baie groot bandwydte beskik kan jy die foto hier op Dropbox gaan kry.  (edit – Die panorama bestaan uit 23 afsonderlike foto’s. Ek het die gratis program  Autostitch hiervoor gebruik.)

So ‘n entjie met die kus af kry jy Birling Gap, waarvandaan jy die bekende Seven Sisters Cliffs die mooiste kan sien. ‘n Hele klompie jare gelede het ek die oostelike gedeelte van die South Downs Way gestap. Vanaf Eastbourne stap jy in ‘n westelike rigting al met die kus langs. Die Seven Sisters is sewe heuwels. Dit is nogal straf op die kuite! So teen laatmiddag het ons by Cuckmere Haven uitgekom, en daarvandaan met die river opgestap tot by die Golden Galleon Pub vir ‘n welverdiende verfrissende bier (natuurlik). Jy kan met die pad ry tot hier – dis by die Exceat Bridge en Seven Sisters Country Park Visitor Centre.

Advertisements

18 thoughts on “Kronkelpaadjies deur Cuckmere Valley

  1. Ag, jy maak my so lus om daar te kuier! Ek wonder wanneer ons ooit daar sal uitkom? Brittanje is vir my baie mooi…veral die platteland. En Skotland.

  2. Die foto is ‘n “joiner” of panorama, vervaardig uit 23 afsonderlike foto’s. As jy die oorspronklike foto op die Dropbox link hierbo gaan soek sal jy die wasige areas sien waar die foto’s nie so lekker bymekaar uitgekom het nie. London het baie groen ruimtes, maar ek is altyd bly om uit die stad te kom. Sussex is een van die mooiste dele van Engeland, vir my altans. Natuurlik het elke gebied sy eie bekoring. Dis hoekom ek so nou en dan sommer net foto’s opsit.

  3. ‘n Mens het ‘n keuse of jy gelukkig wil wees of nie. Dit help om te probeer om die mooi dinge om jou raak te sien.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s