Nog steeds by die De Goedes

Lees asseblief eers die vorige pos.

Hier wil ek waarsku, as jy ‘n sensitiewe oor het hou verby. Ek plaas hierdie om ‘n punt te staaf.

Die musiek wat hier gepleeg word sal trane in die meeste mense se oë bring, en dit nie weens die nootvastheid nie.

Tog, as jy dieper kyk (en luister) sien jy ‘n klomp gewone skoolkinders (meeste nog in die laerskool) wat hulleself gate uit geniet. Iewers agter by die trompette sit ‘n klein gidiwettertjie ook sy hart en uitspeel.

Die trane in my oë het nie te doen met die musikaliteit (of gebrek daaraan) nie. Dit is oor ‘n kind ‘n kans kan kry om hieraan mee te doen. Wie weet, dalk beland een of meer van hulle dalk werklik eendag in ‘n regte simfonie-orkes. Die meeste van hulle sal egter eerder iewers anders in die samelewing hulle plek inneem. Tog sal hulle terugdink aan hierdie oomblikke saam met maats, waar hulle ietsie van die ensemblespel van die lewe geleer het.

Advertisements

8 thoughts on “Nog steeds by die De Goedes

  1. Dankie tog. Nog ‘n tjanker. Ek pink net so maklik ‘n traan weg, probeer dit wegsteek totdat ek snotterig moet snuit.

  2. Daar het jy die lewies, gemeensame gesnuif. Dan bly jy nog in die Wes Transvaal ook sien ek. Of wat hulle dit ookal noem deesdae.

  3. Hallo kamma, ja moet goeie mense wees. Ek sal glimlag as hier eendag tog ‘n De Goede raaklees en ons laat weet ek het die kat aan die stert beet wat sy familie betref.

  4. Weet jy, ek dink dis die oorgawe waarmee hulle dit doen wat mens vang.. ek’t so gevoel met my seun se 1ste, 2de en 3rde keer se atletiek.. en nou bieg ek saggies.. ek kry nou nog trane in die oë as hulle om die ovaalbaan gestap kom en so sonder hang-ups gil en jil vir hulle span! Baie dae dink ek ons kan weer by ons kinders gaan leer oor voluit, onverskrokke leef!Net so terloops.. die kinders speel pragtig!

  5. Foxy ek dink jy’s reg, oorgawe en entoesiasme is iets wat ons weer kan leer. Baie dankie vir jou kommentaar.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s