Woerts warts inloer

Goeiemore blogland. Ek kom net gesig wys voor ek werk toe gaan. Ons het ‘n “open day” vandag en dis “face painting”, “raffle tickets” en “find the fish”, met klein vingertjies wat in die x-straal ontwikkelaar se kas rondvroetel vir ‘n verrassinkie. 

In elk geval, na ‘n deeglike bestekopname van my vordering ten opsigte van hierdie jaar se nuwejaarsvoornemens het ek tot die slotsom gekom dat ek ‘n bietjie agter is, alhoewel ek nie moed verloor nie. 

1. Ek gaan vanjaar meer positief wees.

Ja ek is meer male positief as voorheen. Werk nog aan die aantal kere.  So ek dink ek kan hierdie boksie tiek al kroek ek net so ‘n klein bietjie.

Check. 

2. Ek gaan meer leer oor Real Ale. Oeps. 

Ek het goed weggespring, en definitief my telling verbeter. Een onlangse deurbraak is ‘n nuwe vriend met potensiaal. Ja ek het bymotiewe, want hierdie ouk is ‘n Real Ale entoesias.

Maar die volgende kwotasie het vanoggend amper my spoed gebreek:

Real ale fans are just like train-spotters, only drunk.

Gelukkig was dit nie die enigste wyse woorde op die bladsy nie:

Shoulder the sky, my lad, and drink your ale.

Lekker dag vir julle.

 

28 thoughts on “Woerts warts inloer

  1. Nuwejaarsvoornemens…. wat is dit???Ek het maar eerder opgehou daarmee en probeer maar net elke dag deurwerk soos hulle kom want ek raak net depressed as ek in die middel van die jaar kom en besef dat alles wat ek vir myself wou doen daar nog niks van afgetik is nie want ek is te besig met ander mense se lysies…Mooi naweek!

  2. Dag Kerneels. Dankie vir die besoekie. Wie weet, dalk was jou laaste Kersfees/Nuwejaar ‘n alternatiewe realiteit.

  3. Hallo daar Modder. Eish as ‘n mens nie biltong kan peusel nie is dit ‘n ramp. Hoop jy voel al beter. As jy met die A27 sou ry Cornwall toe of terug is ek natuurlik op jou roete. Net vir inligting, inspirasie en konsiderasie natuurlik.

  4. Clever plans and cunning schemes…ek het baie seker gemaak my lysie is haalbaar. Ek bodder nie normaalweg met voornemens nie.

  5. Repeat after me: “I am a pleasant pheasant plucker, I’m a pheasant plucker’s son – I shall keep on plucking pheasants, till the pheasant pluckers come!”:-)

  6. Ag dankie, jammer ek antwoord amper ‘n week later. Nou’s dit langnaweek (August Bank Holiday) en ek veg…

Leave a Reply to gidivet Cancel reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s