Groot geeste

Na aanleiding van ouboet se ode daar by ezile (http://blogs.litnet.co.za/ezile/plastic-cat-being-chased-through-hell) aan Profs Elize Botha en Rena Pretorius:

Dit is goed dat ‘n mens kan identifiseer wie ‘n positiewe invloed in jou lewe het, en erkenning aan hulle kan gee. Baie mense het spore in my lewe getrap, sommige doelbewus. Ek hoop dat ek hierdie belegging in my waardig kan bly, as het ware.

Uit die aard van die saak moet ‘n mens ‘n sagte hart in stand hou sodat “groot geeste” wat liggies trap wel ‘n spoor kan los.

Advertisements

5 thoughts on “Groot geeste

  1. Ek is ook mal oor my koekiefilosofie…Ja diegene (figuurlik!) met stewels en kamaste geskoei het verwoesting nagelaat.

  2. Spot on Gidi. Daar is natuurlik ander wie se spore in goed getrap het, wat niemand seker beter ken as jy nie. Ietsie ligs:Snaaks genoeg, die onderwyser wat die minste, indien enige, indruk op my gemaak het, was ook by taalonderrig betrokke, vir die standerd sesse. Dalk is dit beter om nie die kalant se naam en van te noem nie. Toe hy eendag die enigste sinvolle opmerking wat ek ooit uit sy mond gehoor het in die in die klas maak, iets soos ‘n grootse prestasie deur iemand iewers vêr, het ek my waardering met ‘n effense sis-fluit deur die tande bekend gemaak, amper soos wanneer jy jou waardering vir ‘n mooi meisie spontaan tot uiting bring. “Wie het gefluit???? Wie het gefluit, vra ek???? Laat die voël wat gefluit het onmiddellik opstaan en saam met my kom.” Ek het sy waansinnige afwagting sover moontlik uitgerek en my uiteindelik aan die oordeel van die groot orde oorgegee. “Quit the fight my mate. The order wins.” Hy het my buite die klas gaan straf vir die ongemanierde daad met vyf van die beste of so iets. Sy grinnikende orgasme roep ek nog vars in die herinnering. Oom Tom verdien ‘n pluimpie dat hy my die voorliefde vir die Duitse taal aangeleer het, die wankelrige fondamente ten spyt.

  3. Lekker koekies eet. Ek wens jy was naby. Mammie het so pas teruggekeer van die skool se wintertee en die heerlikste koekies saam teruggebring.

  4. Gits…ek het al van prof Rena vergeet…sy hetaltyd pakkies gedra…en haar hare was gewoonlik perfek…en haar woorde mooi netjies afgemeet en geartikuleer!

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s