Ant Gert se koekies

My ma kuier bietjie hier uit Jongensfontein. Nou het ma’s wat kuier natuurlik ‘n baie belangrike funksie, naamlik om koekies van tant Gert* aan te karwei. Jy kan jou die prentjie indink. ‘n Lekker koppie tee, ‘n sak van ant Gert se beste gemmerkoekies wat stelselmatig krimp.

En hier het die teorie dat “gebreekte koekies niks kalorieë bevat nie” handig te pas gekom. Dit volg natuurlik dat die sakkie koekies nie so sagkens as wat nodig is hanteer word nie.

Enige iemand wat Stilbaai of Jongensfontein besoek kan maar ‘n draai gaan gooi by tant Gert. Sy’s legendaries.

*spreek uit “Ghurt”

Advertisements

2 thoughts on “Ant Gert se koekies

  1. Met ‘n gemmerkoekie kan jy my in ‘n wip vang! Ek sal onthou van ant Gert. Intussen is dit natuurlik ‘n heerlike familiekuier daar by julle! Geniet dit.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s