In die weegskaal

In die nanag wannneer  jy eintlik al moes gaan slaap het kan ‘n mens nogal terugdink oor wat die proffies kwytgeraak het toe jy nog student was, en wonder hoekom jy nie notisie geneem het en halfpad deur jou kursus die hasepad gekies het nie.

“If you cut you cry.”

“Pharmacology is controlled toxicology.”

“General anaesthesia is one level above eternal sleep.”

En by ons gradeplegtigheid:

“Half the information we crammed into your heads is untrue. We regret to inform you that we don’t know which half.”

En die Helmintologie professor:

“Manus semper in excrementum”.

Dis op ‘n nag net soos vannag, wat ons geswot het vir ‘n Geneeskunde eksamen, toe my maat Barrett met dié ene vorendag gekom het:

Q: “What did the one polyuric kidney say to the other one?”

A: “Ag man, just concentrate, and everything will be fine.”

En ongelukkig moet ek erken dat die humor net nog dieper in die urienweg afgegly het sedertdien.

Maar daar is ‘n ander manier om na slapeloosheid te kyk: My langnaweek het nou net nóg langer geword. En ek hoef nie môre te gaan werk nie.

Koffie, enige iemand?

Advertisements

17 thoughts on “In die weegskaal

  1. Gidi, ek het ook die voorreg gehad om deur groot geeste onderrig te word, soos byvoorbeeld Prof Elize Botha. Lets face it pel, ons sal hulle spoortjies nog lank in ons gedagtes ronddra.

  2. Hoe graag sou ek nie nou ‘n koffietjie saam met jou wou drink nie. Ek sal dit maar hier in my enigheid by die werk sit en drink wyl ek aan jou dink.

  3. ‘n Mens se hart moet sag genoeg wees sodat groot geeste wat liggies trap ook spore kan los. Ek het jou odes aan hierdie grotes daar by ezile gelees.

  4. Ek sal een van Tant Gert se gemmerkoekies doop terwyl ek terug dink. Jy weet natuurlik dat gebreekte koekies klaarblyklik geen kaloriee bevat nie.

  5. Hierdie langnaweek is my eie skepping. Geniet jou volgende, en die MOBs wat jy so inryg. Stuur groete asseblief!

  6. O ja, nog enetjie spesiaal vir jou: “There’s a vas deferens between a stallion and a gelding.”

  7. Jy laat my nou dink aan ‘n sms wat ek een oggend ‘n paar jaar terug van oudste seun gekry het….die een met die baie droee sin vir humor. “Word wakker, word wakker, die dag word al kakker en kakker!”

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s