Tiener

My oudste is vandag (20 Julie) 13 jaar oud. Tot dusver het sy skoengrootte en sy ouderdom met mekaar meegeding, maar ek hoop die voete gaan bietjie hokaai, want die winkels hou nie meer by nie.

Nou die dag vra ek hom wat dink hy daarvan om hierdie verjaardag te vier. Vir hom is dit blykbaar nie juis ‘n mylpaal nie. Toe hy mooi nadink kon hy darem vorendag kom met: “I’ll be able to do teen ager-y things”, wat ek aanneem beteken hy is bly om ‘n bietjie meer vryheid te kry.

Grootseun se maats moet gereeld help om die wurm in sy maag te voer, want sy eie kosblik is blykbaar nie genoeg om deur die skooldag te kom nie. Dit is nou al ‘n bietjie van ‘n tradisie geword dat hy dankie s^e deur op sy verjaarsdag sommer ‘n hele tjoklitkoek saam te neem skool toe om saam met sy pelle te vier.

Die skole sluit hierdie week vir die somervakansie, so hy moes vinnig spring om iets te reel saam met sy maats. Die klomp was vandag na skool hier by die huis om fiets te ry en saam aandete te eet. Vanaand het hulle toe die nuwe Toy Story 3 gaan kyk. Oudste is nog nie by die huis nie, maar jongste se dis amazing.

Hopelik is daar bietjie meer tyd vir fietsry (en dalk ysskaats) in die vakansie. En nadat grootseun en sy groep vriende ‘n eerste prys gekry het in die nasionale animasie kompetisie is daar natuurlik net een verjaarsdag present wat hulle in die oog het:

Adobe Flash Professional CS5.

 

Oeps.

Dit beteken ma en pa moet maar more weer gaan werk. En die dag daarna. En boetman moet maar begin koerante aflewer. Want wie wil nou in die pad staan van ‘n seun se ambisie om nie in sy pa se voetspore te volg nie? Ek wens hom in elk geval ‘n meer gebalanseerde lewe toe as die wat ek ly. Hulle s^e nie verniet van my beroep nie: “Manus semper in excrementum”. 

K*k is nie vir kabouters nie…of het ek dit nou verkeerdom?

–oo00oo–

My seun, ek is trots op die jong man wat reeds op twaalf bo sy pa uit troon. En noudat jy 13 is, weet ek jy staan op die drumpel van iets groots: ‘n wereld vol geleenthede. Jy het heelwat besonderse talente ontvang. Maar die een wat bo alles uitstaan is jou ruim, warm, liefdevolle hart. Jy is iemand wat met ‘n ou tannie by die kerk kan gaan gesels en haar ‘n drukkie gee. Iemand wat ‘n grootmens reguit in die o”e kan kyk, hom ‘n stewige handdruk kan gee en in volsinne kan praat. Iemand wat nie te veel met sy kleinboetie baklei nie, maar eerder vir hom baklei as dit nodig is. Julle is regtig beste pelle, al is daar meer as twee jaar tussen julle. Jy sluit hom in by jou vriendekring en hy is reeds ‘n bona fide lid van jou groep as hy in September ho”erskool toe kom. Dis klein dingetjies wat jy sommer vanself doen, wat jou vir my so spesiaal maak. Ek weet jy gaan ‘n sukses maak van watter beroep jy ook al kies. Maar bo alles is jy iemand wat met ‘n oop hand lewe. Weet dit, jou pa is baie lief vir jou. Altyd.

Advertisements

26 thoughts on “Tiener

  1. Jy is gelukkig om so ‘n pragtige seun te he!Min jongmense hier kan tyd aan ouer mense afstaan, wat nog van in die oe kyk.

  2. Lekker om die kinders te sien grootword. Het afgelope naweek ook ‘n verjaarsdag gevier (effe prematuur, maar meisie moes weer Univ toe) Een gas al vir jare eers skoolmaat en nou vriend

  3. Dankie Lou, ek is baie geseend. ‘n Mens wonder altyd of hulle jou waardes en prioriteite gaan optel, en dit wil voorkom of dit gebeur.

  4. Vandag is ek net dankbaar. More sal ek begin wonder of die boom se skaduwee lank genoeg en sy wortels diep genoeg is. Dankie kamma.

  5. Ek dink mens moet realisties wees, maar ek dink sy skippie sal koers hou, al gaan dit dalk bietjie deur storms.

  6. ‘n Mens lewe vir jouself tot op ‘n punt. Dan leef jy vir jou nageslag. Hulle geluk is joune en hulle trane ook.

  7. Dankie ouboet. Ek dink nie seun weet al van die korrelasie nie. Die enigste noodsaaklike “korrelasie” is die een wat seker maak die badkamervloer bly droog.

  8. Op my ouderdom sukkel mens maar om te mik in die donker, want mens wil nie die huismense wakkermaak met die lig nie.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s