Whippet

Onthou julle nog hierdie foto? Ek het dié werpsel in die wêreld gehelp op 19 April.

From 2010-04-19

Nou die dag het ek die groot lekkerte beleef om hierdie enetjie, die laaste een om ‘n nuwe eienaar te kry, weer te sien. Is sy nie pragtig nie!

From 2010-04-19
From 2010-04-19
From 2010-04-19
Advertisements

28 thoughts on “Whippet

  1. OulikOns Labrador het die 2de April kleintjies gekry…daar was 11 gewees. Een dood gebore en een was per ongeluk dood gelê deur moederhond. Ons het ook laasweek vir die laaste een ‘n eienaar gekry. Oh en ons hou een vir onsself.Ek en my dogtertjie het ook gehelp met die geboorte…sy wil mos ‘n veearts word.

  2. ‘n Vriendin van my het pas ‘n baba Labie gekry. Sy’s die mooiste ding – ‘n chocolate.

  3. Haai tronkie, ons deel darem die “F” (dis nou vir “feeling”, nie vir die f-woord nie.) Dalk kan ons nog tot ‘n vergelyk kom?

  4. Hallo Zeppie, goed om ou te sien. Whippets maak goeie warmwaterbottels met hulle dun velletjies. Sit tog vir ons ‘n foto op van die hondjie!Hoe oud is jou dogter? Miskien is daar nog tyd vir jou om sense in haar kop in te praat….

  5. Hallo Ayla – ‘n mens het ‘n harde hart nodig om daai snoetjies te weerstaan. Hoe gaan dit met jou?

  6. Dankie ouboet. Ek vind dit nogal moeilik op die oomblik, alhoewel, dis maar altyd die menslike faktor wat die pret bederf.

  7. Ek is verbaas met die kwaliteit van ‘n selfoonkamera nogal. ‘n Mens kan met jou vinger op die skerm druk om die fokuspunt te kies. Baie fotogeniese ras.

  8. Naand Droomkind. Goed om jou spore hier te sien. Die jeug, of dit nou menslik of dierlik is, hou daardie potensiaal in hulle – wie weet hoeveel salwing vir die hart van ‘n alleen oumens hierdie ou diertjie nog gaan bring. Die eienaar is nog baie hartseer oor die verlies van sy vorige hond, maar ek dink hierdie enetjie gaan haar eie paadjie loop na sy hart.

  9. Ek dink dis iets met die planete te doen….want so baie mense voel so….as die son sy kop wegbere raak dit erger en dan speel die wurms sokker met my brein…Plaas het hulle ingeskryf vir die wc

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s