Ek’s getag.

Ek sien toevallig vanaand Joanna het my getag. Ek’s mos eintlik ‘n skaam outjie. Haal diep asem en skryf, seun.

1. Ek’s in die voormalige Rhodesia gebore, en kon Shona praat as ‘n kind. Nou kan ek skaars ‘n woord onthou.

2. As ‘n kind het ek hard gespaar en my eie chromatiese bekfluitjie gekoop. Vincent van Rooyen was my hero. Op ‘n stadium moes ek ‘n ernstige besluit neem of ek ‘n professionele bekfluitjiespeler moet word, of ‘n veearts. Soms wonder ek of ek reg gekies het…

3. Een van my byname op skool was Gatiep.

4. My vrou en kinders vertel my ek snork dat die biesies bewe. Ek ontken dit natuurlik.

5. My eie ma het op ‘n stadium vir my Engels gegee op skool. Die arme mens.

6. Daar word aan my vertel dat ek my eerste volledige sin in Engels op 5-jarige ouderdom gese het: “Where is the giant eagle?”

Dit ‘n lang storie, vra my later…

7. Mev Gidi het ook ‘n voorstel gemaak, maar nadat ek lank (en innig) daaroor nagedink het (vir omtrent 1 sekonde) het ek besluit hierdie is ‘n openbare forum en ek sal maar liewer swyg.

Advertisements

19 thoughts on “Ek’s getag.

  1. en.. ek neem aan jy is toe ‘n veearts? dink jy ek kan my katte leer om die mens toilet te gebruik?

  2. Ai, dat daai kinderlike ideale toe moes swig voor die praktiese! PS. Nou’s ons natuurlik vrek nuuskierig oor nommer 7 🙂

  3. Jy kan natuurlik steeds mondfluitjie speel. Daar in jou Angel-Saksiese land kan jy die beste koop en weer begin speel. Ek het ook so gemaak en nou het ek sielerus. Toe nou spring weg!Laat waai met nr 7!

  4. Hehehe! Ek wonder nou oor Mev.Gidi se voorstel. Hierdie inskrywing van jou is baie interessant en insiggewend, dankie, dit help ons om jou beter te leer ken, Gatiep. As ek kyk na jou eerste Engelse sin sou ek reken jy het tog die regte keuse gemaak toe jy veearts geword het!

  5. Hallo Neander, synde jy so foto’s plaas, het jy ‘n foto van jou bekfluitjie, of bedoel jy ander instrumente?

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s